YouVersion Logo
Search Icon

Vas – ’N Gids Vir BeginnersSample

Vas – ’N Gids Vir Beginners

DAY 1 OF 7

Baie belangrike figure in die Bybel, soos Dawid, Elia, Ester, Hanna, Paulus en Jesus het gevas. Wanneer Jesus mense oor vas onderrig het, het Hy gesê “wanneer julle vas” nie “as julle vas” nie. Dié stelling sê vir ons Hy het van sy volgelinge verwag om vas deel van hulle lewens te maak.

Vas is om jou van kos te weerhou ter wille van geestelike redes.

Wanneer jy begin vas, is daar heelwat voordele wat jy sal ervaar.

Eerstens sal jy agterkom dat dit jou kan help om die moeilike dinge in die lewe te oorkom.

Dit is die Bybelse manier om onsself voor God te verootmoedig in tye van swaarkry. Ester het byvoorbeeld gevas toe sy voor groot gevaar gestaan het (Ester 4:16). In Esra 8:21-28 lees ons dat Esra vir beskerming gevas het. In die tyd toe die Edomiete Juda wou inval, het Josafat gevas (2 Kronieke 20:3). Vas kan ons toevlug wees wanneer ons voor groot moeilikhede te staan kom, net soos hierdie mans en vroue in die Bybel gedoen het.

Vas help ook om ons verbintenis met God te hernu.

As jy begin voel dat jou entoesiasme vir God begin vervaag, probeer om te vas. Jy sal sien dat dit die vonk is wat die brandende begeerte binne jou vir God se teenwoordigheid sal laat vlam vat.

Dit bekragtig ons om God se roeping vir ons lewe uit te leef.

In die Ou Testament het die meeste mense gedurende ’n krisis gevas, maar vir Jesus was dit deel van sy roeping. In Lukas het Anna gevas vir die verlossing van Israel. Om te vas gedurende ’n krisis is noodsaaklik, maar ons moet ook vas vir ons doel. God kan hierdie tyd gebruik om ons te help om die doel waarvoor ons geskep is te ontdek.

Laastens, wanneer ons vas, help dit ons om die duiwel te oorwin.

Die Skrif noem ’n keer toe Jesus se dissipels nie daarin kon slaag om ’n bose gees uit te dryf nie. Jesus se reaksie was: “Hierdie soort bose gees gaan nie uit sonder dat julle bid en vas nie.” Vas het die krag om die bande van die bose te breek, ’n swaar las af te gooi en enige juk te verbreek.

Vandag se gebed:

Vader, dankie dat U vir ons in die Bybel die belangrikheid van vas wys. Help my om hierdie geestelike dissipline te beoefen as deel van my Christelike leefwyse. Ek bid dat die lees van hierdie leesplan ’n seën vir my geestelike lewe sal wees. In die magtige Naam van Jesus.

About this Plan

Vas – ’N Gids Vir Beginners

Die gebruik om te vas, kom baie algemeen in die Skrif voor. Ons sien deurlopend in die Bybel dat dié beginsel deur konings, profete en al God se mense beoefen is. Wanneer jy vas, sal jy sien dat saam met jou honger, jou nederigheid en heiligheid toeneem namate jy meer aan die beeld van Christus gelyk word.

More