YouVersion Logo
Search Icon

Vas – ’N Gids Vir BeginnersSample

Vas – ’N Gids Vir Beginners

DAY 3 OF 7

Om te verseker dat jy sal kan volhard in jou vas moet jy seker maak jou doelwitte is duidelik.

Wees spesifiek. Vra die Heilige Gees vir leiding en dink na oor watter struikelblokke jy tans moet hanteer.

Het jy rigting nodig, genesing, versterking van jou huwelik? Staan jy voor moeilike probleme in jou gesinslewe of beleef jy finansiële struikelblokke? Hoekom wil jy vas? Wanneer jy die rede vir jou vas bepaal het, moet jy die lengte van jou vas vasstel voor jy begin. Ek kan jou waarborg om te sê “Ek sal kyk hoe ek voel”, is die maklikste manier om te misluk. Bepaal vooraf die rede hoekom jy dit wil doen en hoe lank jy nie gaan eet nie.

Wanneer ons vas vir opregte redes hoor God ons. Ons vas nooit om God te manipuleer om te doen wat ons wil hê nie, dit is eerder om ons wil aan te pas by wat Hy wil hê.

Vandag se gebed:

Here, ek kom vandag met ’n swaar hart na U toe. U weet waardeur ek gaan. Ek laat dit in u hande, want ek vertrou dat u volmaakte wil in my lewe sal geskied.

About this Plan

Vas – ’N Gids Vir Beginners

Die gebruik om te vas, kom baie algemeen in die Skrif voor. Ons sien deurlopend in die Bybel dat dié beginsel deur konings, profete en al God se mense beoefen is. Wanneer jy vas, sal jy sien dat saam met jou honger, jou nederigheid en heiligheid toeneem namate jy meer aan die beeld van Christus gelyk word.

More