YouVersion Logo
Search Icon

Vas – ’N Gids Vir BeginnersSample

Vas – ’N Gids Vir Beginners

DAY 4 OF 7

Vas is ’n geestelike wapen en daarom moet ons geestelik gereed wees om aan die geveg deel te neem.

Voordat jy begin vas: bely jou sonde voor God, toon berou oor wat jy verkeerd gedoen het en vra die Heilige Gees om jou swakhede aan jou bekend te maak.

Neem tyd om dié te vergewe wat verkeerd teenoor jou opgetree het en vra vergifnis van dié wat jy te na gekom het. Romeine 12 sê ons moet alle aardse begeertes verwerp wat ons verhoed om ons lewe ten volle aan Jesus Christus oor te gee.

Dit is noodsaaklik om tyd te neem om seker te maak jou hart is reg voor God sodat jy ’n effektiewe vastyd sal beleef.

Vandag se gebed:

Here, vergewe my, want ek weet ek het teen U gesondig. Mag u Heilige Gees aanhou om my gedagtes te herskep. Ek wil deur die Gees leef en u wil doen. Help my om my lewe totaal aan U oor te gee.

About this Plan

Vas – ’N Gids Vir Beginners

Die gebruik om te vas, kom baie algemeen in die Skrif voor. Ons sien deurlopend in die Bybel dat dié beginsel deur konings, profete en al God se mense beoefen is. Wanneer jy vas, sal jy sien dat saam met jou honger, jou nederigheid en heiligheid toeneem namate jy meer aan die beeld van Christus gelyk word.

More