Vas – ’N Gids Vir BeginnersSample

Dit is belangrik om vir ’n vas voor te berei – ook op ’n praktiese manier. Hoe kan jy die regte tipe vas en die beste lengte kies wat pas by jou leefstyl?
Wanneer jy hierdie besluit neem, moet jy jou gesondheid en daaglikse roetine in ag neem. As jy op medikasie is, moet jy versigtig besluit hoeveel dae jy wil vas. Praat met jou dokter voordat jy begin vas as dit langer as ’n volle dag gaan wees, want dit kan lei tot probleme wat jou gesondheid betref.
Die tipe vas wat jy kies, hang van jou af. Jy kan op ’n volledige vas gaan en slegs vloeistowwe drink of jy wil dalk vas soos Daniël deur water te drink en genotvolle kos uit te sny.
Onthou, een doel van vas, is om tyd opsy te sit om in die teenwoordigheid van God te wees. Neem tyd om te bid, sy Woord te bestudeer en jou verhouding met God te voed.
Jy kan so lank vas as wat jy wil. Die meeste mense kan maklik een tot drie dae vas, maar jy voel dalk die behoefte en genade om langer te vas – selfs soveel as 21 tot 40 dae.
Lê wysheid aan die dag en bid vir leiding. As jy nog nooit gevas het nie, begin stadig.
Onthou, wat jy kies om op te gee, is nie so belangrik soos die gesindheid in jou hart waarmee jy dit doen nie.
Vandag se gebed:
Vader, lei my in die besluit oor watter tipe vas ek moet doen en hoe lank. Gee vir my die wysheid, want ek wil u Seun se voorbeeld volg.
Scripture
About this Plan

Die gebruik om te vas, kom baie algemeen in die Skrif voor. Ons sien deurlopend in die Bybel dat dié beginsel deur konings, profete en al God se mense beoefen is. Wanneer jy vas, sal jy sien dat saam met jou honger, jou nederigheid en heiligheid toeneem namate jy meer aan die beeld van Christus gelyk word.
More
Related Plans

Let Us Pray

Stormproof

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

Faith in Hard Times

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

Homesick for Heaven

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2
