YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Woorde Vir 'n Manier Van LeweSample

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAY 3 OF 15

Ons begin God se persoonlike lewenstaak vir ons ontdek wanneer ons verantwoordelikheid neem. Het jy agtergekom hoe Paulus die volgende frases gebruik – ek het gemeen… ek het dit in Jerusalem gedoen… ek het my toestemming gegee… wat my betref. Hy is eerlik oor wie en wat hy was. En dan sê Jesus – dit is hard om teen die prikkels te skop. Wie jy is, is gevorm en in essensie aan jou gegee, maar ook deur al die ervarings waardeur jy in hierdie lewe gegaan het. Leerervarings, opvoedkundige ervarings, traumatiese ervarings en ekstatiese ervarings, het jou gevorm en jou gebring op die plek om jou lewenstaak te vervul. #### Op die ou end sal julle slegs oor julle eie lewe aan God moet rekenskap gee - Galasiërs 6:5 DB. Ek onthou hoe ek eendag aan tafel sit en iemand vra: "Wat het met jou gebeur?" Ek was onkant gevang. En die persoon sê: "Almal moes al klippies gekou het." En dit het my laat dink. Dinge het so anders verloop as wat ek sou dink my lewenspaadjie sou lyk. Ek het as’t ware lugkastele oor die lewe gehad, maar partykeer sit die lewe jou op ‘n plek sonder dat jy ‘n keuse daarin het en jy beland op ‘n plek — deur ouderdom, siekte, ‘n ongeluk, verlies, ‘n afdanking, ‘n liefdesteleurstelling — en ek nie meer doen wat ek wil doen nie, en ek voel ek kan nie my roeping uitleef nie. Hoe sou dit wees om daardie ervarings anders te sien? Ek verstaan dit nie nou nie, dis seer, ek moet opofferings maak, maar God is besig met ‘n werk wat ek nie nou kan sien of weet hoe dit gaan lyk nie. Dit is nou deel van my roeping in die lewe. Ek neem die verantwoordelikheid van wat hierdie ervaring nou van my vra. Ek gee myself nou om gehoorsaam te wees aan dit wat die lewe van my vra. Waar jy nou is, is waar God jou geplaas het – neem verantwoordelikheid vir waar jy is en wat jy het. Die verskonings oor hoekom jy is waar jy is en wat in jou verlede gebeur het, weerhou jou van ‘n beter lewe. God het jou iets gegee en in jou geplaas. Wat is jou gawes? Begin eksperimenteer: ek's in hierdie omstandighede en hier is ‘n behoefte – ek begin myself gee in daardie omstandighede wanneer iemand hulp nodig het, hulle kar breek, hulle ‘n oor nodig het, hulle raad nodig het. Wanneer ek begin dien, kom ek agter wat my gawes is. Ek kan goed ondersteun, preek of iets doen – en wanneer ek dit konstant en gestruktureerd gebruik het ek ‘n bediening. Ek neem verantwoordelikheid om myself beter te leer ken, om Hom te dien en ‘n getuie te word. Wat moet jy nou begin doen?
Day 2Day 4

About this Plan

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy