YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Woorde Vir 'n Manier Van LeweSample

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAY 6 OF 15

Sê vir God jammer “So sal my hemelse Vader ook met julle maak as julle weier om julle medegelowiges met julle hele hart te vergewe.” Matt eus18:35 NLV Daar is 'n Engelse romanskrywer, Graham Greene, en in een van sy romans sê een van sy karakters hierdie woorde: "I wish to God there's a place I could say sorry." Vandag hoop ek dat jy sal hoor dat daar 'n plek by God is waar ons jammer kan sê, en daardie plek is die kruis. Wanneer ons met ons spyt by die kruis kom is dit die veiligste plek, en wanneer ek by die kruis kom en in die oë van die gekruisigde Een kyk, is dit die oë van liefde wat vergewe. Het jy daardie vergifnis ervaar? Het jy dit ontvang? Jesus sê iets baie belangrik: jy gaan nie in staat wees om ander te vergewe as jy nie vergifnis ontvang het nie. Die enigste vergifnis wat ek kan gee is wat ek self beleef. Jesus sê vergifnis is soos om skuld af te skryf. Hier is ‘n koning. Hy het ‘n dienskneg wat hom miljoene skuld. Sy dienskneg sê: "Gee my net meer tyd." Die koning sê: "Jy sal dit nooit kan terugbetaal nie, al het jy al die tyd in die wêreld. Ek skryf dit nou af. Ek vergewe jou nou." Hierdie dienskneg gaan dan na een toe wat hom net ‘n paar duisend skuld en hy sê: "Betaal my dadelik terug." Hierdie dienskneg het nooit die vergifnis ontvang wat aan hom gegee is nie. Hy het dit nooit beleef nie. Hy het dit nooit ervaar nie. Hy het dit nooit begryp of verstaan nie. En daarom het hy ook nie die vermoë gehad om hierdie ander persoon te kon vergewe nie. Die ander ding is dat hierdie dienskneg presies die teenoorgestelde gevoel het. Ons doen dit ook. Jy weet, wat mense aan my doen is soos miljoene rande se skuld. Wat ek aan God gedoen het is soos ‘n paar duisend rand se skuld. Ek het ook ‘n wit leuentjie vertel, ‘n paar, maar ek is nie ‘n slegte mens nie. Jy sien, wat ons doen is, ons dink dat ons skuld by God klein is en ander ons baie skuld. En die Here sê, nee, dis andersom. Jou skuld by God is groot, en voor jy dit nie kan besef nie gaan jy nie vergifnis kan beleef en ervaar nie. Hier is die realiteit: God het die hele wêreld met homself versoen deur die dood van Christus. Jesus het vir almal se skuld betaal. Alle mense is vergewe, maar baie mense het nog nooit daardie vergifnis ervaar nie. En dit is daardie vergifnis wat in die hart van ons evangelie lê. God gee homself as Jesus Christus sodat ons sy vergifnis kan ontvang en ervaar. God gee homself as vergewende liefde; 'n vergewende liefde wat ons nooit ooit sal laat gaan nie, nooit, ooit nie! 'n Vergewende liefde wat na ons uitreik, maak nie saak wat ons gedoen het nie. 'n Vergewende liefde wat ons 'n nuwe geregtigheid gee wat nie gebaseer is op wat ons gedoen het nie, maar op die genade en die barmhartigheid en die vrede van God in Jesus Christus. 'n Vergewende liefde wat elke spyt waarmee ek en jy leef bedek, 'n vergewende liefde wat 'n nuwe toekoms oopmaak, 'n vergewende liefde wat ons bemagtig om restitusie te doen as ons moet. Het jy al hierdie vergewende liefde van God in Jesus Christus ervaar?
Day 5Day 7

About this Plan

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy