YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Woorde Vir 'n Manier Van LeweSample

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAY 15 OF 15

Paulus sê, wees ryk in goeie werke. As jy vrygewigheid in jou lewe wil vestig, moet jy op ʼn punt kom waar jy dit doen. Paulus se groot raad is, kyk mooi na wie is God. Beleef wat Hy vir jou gedoen het en ervaar sy vrygewigheid in jou lewe en begin dan om dit te doen. Jy sien 'n behoefte, jy kom agter dat jy iets wat daardie behoefte kan aanspreek. Maar jy gaan uitvind dat daar geweldige teenstand kom die oomblik wanneer jy wil gee. ʼn Groot verskoning wat ons het, is: ”Ek is nie ryk nie.” Paulus sê dis die rykes wat dit moet doen, maar dit hang natuurlik af van met wie jy jouself vergelyk. As jy jouself vergelyk met die bevolking van Suid-Afrika, is jy ryk. As jy vanaand kos het om te eet, as jy warm kan gaan slaap, as jy nie bekommerd is oor jou vervoer van môre-oggend nie, en as jy ʼn werk het; tel jy onder die top tien persent van rykes in Suid-Afrika. Jy is ryk. Jy het genoeg. Wanneer jy vrygewigheid beoefen ervaar jy ʼn dieper lewe, ʼn kwaliteit-lewe wat jy nie voorheen kon ervaar nie. Jy ervaar iets van God se lewe. Hy noem dit die ewige lewe. Dis die lewe wat daar tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees is. Daar is ʼn gedurige gee, ʼn totale gee van die self aan mekaar. Ons noem dit liefde en dis deel van die lewe wat daar in God is. Wanneer jy vrygewige dade beoefen, beleef jy iets van daardie wonderlike lewe van die Here wat daar in die Drie-eenheid is.
Day 14

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy