YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Woorde Vir 'n Manier Van LeweSample

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAY 5 OF 15

Matteus 18:23-35 NLV Hoekom is dit dat ons sukkel om jammer te sê? Ek dink een van die grootste uitdagings van ons menswees is om jammer te sê. Ons is bedraad met ‘n stuk ego wat op ‘n manier ‘n slagoffer moet word of een maak. Ek het myself al gevang, as ek iemand te nagekom het, dat ek sê — Ek is jammer dat ek jou so laat voel, of ek is jammer jy het dit so verstaan – dis mos nie ‘n jammer nie. Hoe daai persoon dit verstaan het, het niks te doen met die feit dat ek willens en wetend besluit om verkeerd op te tree nie. Het jy dit al in jou lewe agtergekom? Het jy dit al in ons samelewing agtergekom? Ons moet iemand vergeld. As iemand seerkry in sport, kan ons nie wag vir die terugkomslag waar hulle die person gaan terugkry nie. Ek gaan kyk saam met vriende na hul seun se eerstespan rugbywedstryd – een van die ander skole se outjies "tackle" hom dat hy disnis is - en ek vang myself dat ek wil skree – kry hom terug! Kyk na die draaiboeke van films – ons soek vergelding, rekenskap, of dat dinge reggestel moet word. Dit klink so eenvoudig. Ek bedoel, dit is net drie klein woordjies. Ek is jammer. Maar dit kan jou hele lewe verander. Om te sê jy is jammer is die deur na vryheid en om vergifnis te ontvang. Dis interessant dat ‘n groot deel van Jesus se lering gehandel het oor wat 'n mens moet doen wanneer jy seerkry in die lewe. Twee derdes van dit wat Jesus gesê en ons geleer het, het te doen met verhoudinge en vergifnis. Een uit elke drie van die gelykenisse, die stories wat Jesus vertel het, het na vergifnis verwys.
Day 4Day 6

About this Plan

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy