YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Woorde Vir 'n Manier Van LeweSample

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAY 7 OF 15

‘n Jammer kan nie ongedaan maak wat gedoen of gesê is nie. Dit beteken nie dat daar altyd versoening kan wees en alles weer reg kan wees nie, maar dit gaan oor vryspraak. Om vir iemand jammer te sê is die eerste tree om ontslae te raak van die gif – verGIFnis. Dis vir ons sleg wanneer iemand nie goed reageer wanneer ons jammer wil sê nie. Diep binne ons het ons hierdie vrees – wat as hulle nie reg is om dit te aanvaar nie? Wat as dit nie genoeg is nie? Wat as ek verneder word? Maar hierdie is gevaarlike vrae wat ons kan weerhou daarvan om die regte ding te doen. So lank as wat ons nie kan jammer sê nie, so lank as wat ons die pyn wat ons aan iemand anders gedoen het nie erken nie, bly ons gewond. Dit vreet ons energie – jy kom agter jy voel uitgeput, jy is moeg. Ons bly vasgevang en die groot versoeking is om aan ons regverdigings vas te klou. Wat dan gebeur is dat ons onsself definieer binne daardie pyn en verwonding – dit is sy of haar skuld dat ek so is of so opgetree het. As daar nie ‘n jammer is nie, kan daar nie vergifnis wees nie. Jesus sê vir Petrus ons moet 70 maal 7 keer vergewe. Miskien voel Jesus so sterk daaroor dat ons dit soveel keer letterlik moet doen, of Jesus nooi ons om te besef dat vergifnis ‘n reis is. Dis ‘n manier van lewe. Dit vra dat ek ‘n bewustheid begin kweek dat ek soms op mense se tone trap deur my optrede of gebrokenheid. Dit vra dat ek ‘n bewussyn ontwikkel dat hoe ek optree nie lewe bring nie, nie ander seën nie, maar hulle eintlik vervloek. Wanneer ek in hierdie bewussyn groei, kom ek dinge agter en sien ek goed wat ek nie geweet het daar is nie. Ek was eendag in ‘n konflik situasie want ‘n persoon het vir my gesê ek val hulle altyd in die rede as hulle praat. Dit was iemand baie na aan my en ek was onkant gevang oor die intensiteit van hoe die persoon dit beleef wanneer ek dit doen. Die natuurlike reaksie sou wees om myself te verdedig, maar ek onthou hoe ek in ons gesprek daarna agtergekom het hierdie is ‘n optrede wat ek nooit besef het ek doen nie – en dit maak mense seer – veral die mense aan wie ek die naaste is. Waarvoor moet jy jammer sê om die deur tot vergifnis in jou verhoudinge oop te sluit?
Day 6Day 8

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy