YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Woorde Vir 'n Manier Van LeweSample

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

DAY 1 OF 15

Daar is ‘n ou Afrika verhaaltjie wat meen dat jy nog voor jou geboorte jy was. Jy het jy begin nog voor jy in jou ma se baarmoeder gegroei het. Jy het jy begin nog voor die idee van jou in jou mamma se hart gekom het. En jy wat jy is het ‘n liedjie gekry wat jou liedjie is. Net jy kan hom sing. En daardie liedjie sal jou nooit verlaat nie. Jy is gemaak om hom te sing. Selfs as jy vir ‘n kort rukkie vergeet hoe die wysie nou weer gaan, sal jy nie die liedjie vergeet nie. Daardie liedjie vertel jou presies hoekom jy gebore is. Hoekom jy hier is. Dit sê presies wie jy is en wat jy moet doen. Daardie liedjie is jou roeping. Haal diep asem. Luister na jou hart. Kan jy jou liedjie hoor? Die goeie nuus is dat God 'n persoonlike roeping vir elkeen van ons het. Elkeen van ons word geroep om iets moois vir God te doen voordat ons sterf. Elkeen van ons is geroep om 'n unieke rol te speel in die verhaal wat God in hierdie heelal skryf. Elkeen van ons is geroep om 'n unieke getuie te wees van God se liefde, genade en deernis in hierdie wêreld. Een van die grootste tragedies van die lewe is om deur ons lewens te gaan sonder om eers in ag te neem wat ons persoonlike roeping is. Ek weet nie hoeveel mense al vir my gesê het dat sendelinge en leraars geroep word nie, maar ek is net ‘n doodgewone mens wat net doodgewoon deur die lewe gaan soos ek kan. Dit is nie die goeie nuus nie. Goeie nuus is dat elkeen van ons 'n roeping het.
Day 2

About this Plan

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy