YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Krag Vir Elke Dag Sample

Krag Vir Elke Dag

DAY 6 OF 14

Geloof – ook in die donker Soms is ’n situasie totaal pikdonker. Vir alle praktiese doeleindes kan dit vir ons voel na die einde van die pad. Na handdoek-ingooi sonder enige hoop. Miskien ervaar jy ook op die oomblik so ’n hooploosheid en doodsheid in jou en sien jy regtig net ’n donker prentjie voor jou. 2 000 jaar gelede was die wêreld nag: Jesus het gesterf en daar was geen hoop nie. Menige volgeling van Jesus het dalk, nadat Hy gesterf het, geglo dat dit die einde van die Messias-pad is omdat die Een wat hulle moes kom red, nou dood is. Dan lees ons hoe Josef van Arimatea met absolute liefde en geloof Jesus se lyk laat haal, dit balsem, in linne toedraai en in ’n nuwe graf neerlê. Iets van hierdie daad sê vir ons dat hy – ondanks alles – bly glo het dat Jesus God is. En dat Hy reeds lewe gebring het. Mag jy in jou geknaktheid uitreik na die Een wat jou donker ken en wat in staat is om jou weer op te hef. Heiland van my lewe, dis donker om my … maar lig in my. Omdat U daar is!

Scripture

Day 5Day 7

About this Plan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy