YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Krag Vir Elke Dag Sample

Krag Vir Elke Dag

DAY 14 OF 14

Vier jouself meer! Het jy ook al gewonder: “Waarom beleef ek die hoogtepunte in my lewe as net ’n vlietende sekonde en ervaar ek negatiewe terugvoering as ’n persoonlike mislukking waaroor ek dae lank worstel?” Miskien is dit omdat ons onsself te veel met ander mense vergelyk, beleef dat daar druk op ons is om meer en beter te wees, maar baie dikwels ontstaan hierdie twyfel uit die hoë verwagtinge wat ons aan onsself stel. Ons is baie keer ons eie grootste vyande! ’n Gewoonte wat werk, is om iewers deur die dag en/of vanaand in stilte by die Vader van Waarheid te gaan sit om oor jou dag na te dink. Dis by Hom wat jy sonder skroom jou goeie dinge van die dag kan vier. Veral wanneer jy uit nederigheid glo dat jou lewe ’n voorbeeld van liefde, geloof en integriteit was. Vader, dankie dat U die goeie met my vier en aan my sê: Jy ís my geliefde!
Day 13

About this Plan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy