YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Krag Vir Elke Dag Sample

Krag Vir Elke Dag

DAY 1 OF 14

Hy het flentermense lief! Voel jy soms of jy moeg word omdat die wêreld op soveel maniere volmaaktheid van jou verwag? Die waarheid is dat niemand perfek is nie! Soos die titel van John Ortberg se boek sê: Everybody’s normal till you get to know them. Ook die feit dat ons kinders van die Here is, beteken allermins dat ons sondeloos is. Inteendeel! God het mos juis sy Seun gestuur om ons van onsself te red en elke dag te help om in hierdie gebrokenheid as sy verloste, begenadigde sondaarkinders te leef. Johannes 1 vertel vir ons dat ons maar kan aanvaar dat ons almal stukkend is en met teenstrydighede, mislukkings en foute leef en dit vir Hom kan vertel. Geloofsgroei is om jou eie onvolmaaktheid te besef en dan in eerlikheid teenoor God daarmee te leef. Wanneer dít gebeur, kan Hy ons in ons gebrokenheid toevou, help en met sy lig na vrede lei. Here, dankie dat U my, flentermens, so liefhet!

Scripture

Day 2

About this Plan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy