YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Krag Vir Elke Dag Sample

Krag Vir Elke Dag

DAY 5 OF 14

Hy’s jou Hawe Hoe beleef jy God? Wie is Hy vir jou? Skram jy soms van Hom af weg omdat jy so diep bewus is van jou menslikheid en voel of jy nie altyd getrou is nie? Of is Hy – ondanks die plek waar jou hart en lewe is – vir jou ’n veilige Hawe? Die Een by Wie jy graag wil wees omdat jy by Hom aanvaarding, liefde en goedheid ervaar? Waarheid is: God wíl vir jou ’n Hawe wees van waar jy elke oggend vertrek. Daar in die dokke van jou nuwe dag wil Hy vir jou die versekering gee dat Hy die nag oor jou gewaak het en saam met jou uitvaar na die nuwe dag en by jou sal wees as die storms dreig en jou weer na veilige waters sal stuur. Vanaand, wanneer jy ná jou dagtaak terugvaar, wag Hy in die Hawe op jou. Hy wag dat jy jou dag met Hom sal deel, jou emosies sal uitpak en in sy veilige ruimte weer rus sal vind. Mag jy, waar jy tans in jou lewe of geloof is, veilig voel by Hom. Hy blý jou Hawe. Vader, dankie vir u veilige Vesting-wees in my lewe.

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy