YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Krag Vir Elke Dag Sample

Krag Vir Elke Dag

DAY 8 OF 14

Christenskap kán lyding beteken Nêrens sê God dat sy kinders swaarkry gaan vryspring nie. Dorothy Sayers sê so kragtig: Dit lyk vir my nogal rampspoedig dat die idee moes ontstaan dat die Christendom 'n ander-wêreldse, onwerklike, idealistiese godsdiens is wat daarop dui, as ons goed is, ons gelukkig sal wees. Tog is die teendeel dat dit beslis en selfs die harde werklikheid is, dat daar sekere eksterne prestasies is wat selfs geluk na rommel laat lyk. God waarborg nie ’n sorgvrye lewe as ons Hom aanvaar nie, máár sy Woord leer ons dat Hy: In ons swaarkry-tye sáám met ons huil; In ons donker seisoene besig is om die lig voor te berei; In ons moedverloor-dae ons hande sterk maak en aan ons genoeg krag vir dié dag gee; In tye van lyding besig is om nuwe saad van geloof en groei in ons te plant. Jy kan maar brutaal eerlik wees oor dit wat lyding en swaarkry aan jou doen. Jou Here verstaan. Here, dankie dat U my vashou selfs wanneer ek in verslaentheid u hand los.

Scripture

Day 7Day 9

About this Plan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy