Krag Vir Elke Dag Sample

Onverwags – is Hy!
God verskyn soms aan ons op die mees onverwagse tye en plekke. Ja, Hy kies nie noodwendig net kerkbank- en stiltetye om met ons te praat nie. Heel dikwels verskyn Hy sommer daar waar ons ons gewone lewens leef, ons dagtaak verrig, die sleurwerk van die lewe afhandel, in die motor ry, met ander gesels … dáár gee Hy Homself aan ons. Dáár gee Hy aan ons antwoorde op vreemde maniere, ’n rigting wat ons nie verwag het nie en ’n stuk wonderwerk wat ons nie kon voorsien nie.
Soos toe Hy aan ’n gewone vrou, Maria, verskyn het daar waar sy met haar eenvoudige lewe besig was en aan haar gesê het dat sý die een is wat dié Seun in die wêreld gaan bring.
Regte geloof hoef nie (nou al) alles te sien nie en op alles antwoorde te hê nie. Dit hoef net te weet: God is deel van my hier en nou. En sal my ook wys waarheen ek op pad is. Verwag dat God jou kan verras!
Here, op U vertrou ek onwrikbaar!
Scripture
About this Plan

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.
More
Related Plans

Go Into All the World

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Out of the Wilderness

The Boom Squad: Young Hero Training

Lighting Up Our City Video 1: Relational Evangelism

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other

Liturgies for the Little Years

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

WALKING in TRUE VICTORY (Sound Foundations for a Glorious Christian Life)
