Krag Vir Elke Dag Sample

God se skool van gereedmaking
God werk deur gewone mense. En heel dikwels gebruik Hy moeilike en uitdagende tye as ’n skool om sy mense voor te berei. Kom ons dink:
Noag en sy gesin moet vir ’n jaar in ’n ark bly. Toe hulle uiteindelik kon uitkom, word Noag die vader van alle nasies;
Naomi word van alles gestroop in die land Moab, maar sy en haar skoondogter gaan na Betlehem en hulle word deel van die grootste liefdesverhaal van die Bybel;
Vir 15 jaar nadat Dawid aangewys is as die koning van Israel, word hy eers teruggehou. Wanneer hy uiteindelik vrygelaat word, skryf hy die wonderlikste psalms.
Daniël word 70 jaar in Babilonië aangehou. In dié tyd skryf hy die boek Daniël waarin hy ons vertel van God se sorg in moeilike tye.
God kan die ongewone deur jou, gewone mens, doen! Vertrou Hom daarmee.
Gestuurde, stuur my!
Scripture
About this Plan

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.
More
Related Plans

Go Into All the World

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Out of the Wilderness

The Boom Squad: Young Hero Training

Lighting Up Our City Video 1: Relational Evangelism

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other

Liturgies for the Little Years

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

WALKING in TRUE VICTORY (Sound Foundations for a Glorious Christian Life)
