YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 11 OF 20

SEKERHEID VIR DIE EWIGHEID Ons is nou in week drie en ons gaan hierdie week verstaan hoe ons met sekerheid vir die ewigheid kan leef en dan ook hoe om ons lewens ten volle aan Jesus oor te gee. Het jy geweet dat wanneer jy sterf, jou liggaam en jou gees verwyder word van mekaar? Weet jy dat jou liggaam wel vergaan, maar dat jy vir ewig sal aanhou lewe? Die enigste bevestiging wat ons het dat ons vir ewig saam met God sal lewe, is weens ons geloof in Jesus. Baie mense voel steeds onseker, en selfs vreesagtig, dat moontlike foute in hulle toekoms, hulle kan diskwalifiseer van die ewige lewe. Hulle vrees dat God hulle vir een of ander rede sal verwerp. Hoe kan ek dan met absolute sekerheid weet of ek die ewige lewe sal beërwe? Ons sal na die woorde van Jesus moet gaan kyk om sy voorbeeld van die hemel te verstaan. Johannes 17: 1: Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik, 2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. 3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. Uit hierdie woorde van Jesus lei ons af dat die ewige lewe ‘n geskenk is. ‘n Geskenk wat ons met sekerheid kan ontvang. Ons ontdek ook dat die ewige lewe op 'n kwaliteit verhouding met God dui, meer as wat dit ‘n plek is. Dieselfde skrywer, Johannes, ook bekend as die geliefde dissipel, skryf verder hieroor in een van sy briewe. I Johannes 3:2: Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. Johannes begin met die bevestiging dat ons kinders van God is en dan gaan hy aan om ons te verseker dat ons persoonlike verhouding met God die element is wat ons ewige lewe definieer. Dit beteken die ewige lewe het nou al begin, maar ons sal die volheid daarvan eers ervaar as ons sou sterf, as kinders van God. Ons weet nie wanneer en hoe Jesus terug gaan kom aarde toe nie, maar ons weet, dat as gevolg van ons verhouding met Hom, ons heeltemal veilig kan voel en dat dit ‘n absolute positiewe verwagting kan wees! Verklaring: "Dankie Jesus dat ek vir ewig saam met U sal lewe." Aksiestap vir vandag: Dink gerus bietjie oor enige vrese wat jy mag hê oor die ewigheid, en skryf vandag jou dankbaarheid neer, soos in vandag se verklaring genoem word.
Day 10Day 12

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy