YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 14 OF 20

DIE HEILIGE GEES In ons eerste week het ons ontdek dat God Homself aan ons openbaar as Vader, Seun en Heilige Gees. Vandag kyk ons na die derde persoon in die Godheid, naamlik die Heilige Gees. Die eerste keer in die Nuwe Testament wanneer ons van die Heilige Gees lees, is in Matteus 3:16 toe Jesus gedoop is. Die mense wat daar was het die Heilige Gees soos ‘n duif op Jesus sien neerdaal. Dan sien ons ook toe Jesus sy bediening begin, in Lukas 4:18, dat Hy dit duidelik gemaak het dat die Heilige Gees Hom bemagtig het om die werk van sy Vader te doen. Hierdie belangrike onderwerp bring ons dan ook nou by die einde van Jesus se bediening, waar Hy sy dissipels begin voorberei het vir die werklikheid dat Hy weggaan en dat Hy nie vir ewig op aarde gaan wees nie. Johannes 16:7: Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; Duisende jare later sien ons steeds dat dit vir ons voordelig was dat Jesus weggegaan het. Hoekom? Want Jesus het dit duidelik gestel dat die Trooster, of die Advokaat (soos ander vertalings hom beskryf) na ons toe sal kom. Jesus het hierdie belofte gemaak en dit is steeds vandag vir ons relevant dat die Heilige Gees ons sal kom bemagtig om sy dissipels te wees. Kom ons bestudeer hierdie skrifgedeelte nou saam: Johannes 14:16: En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. 25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. Die prentjie wat die oorspronklike Griekse woord, "parakletos" hier skep, is soos ‘n advokaat wat in die hof langs my staan. Die advokaat ondersteun my, verdedig my, tree namens my op waar ek myself nie kan verdedig nie. Die Heilige Gees staan so saam met ons en Hy help ons. Die Afrikaanse vertaling verkies om die woord "Trooster" te gebruik en ons weet beslis dat die Heilige Gees ons ook dra wanneer ons swak is en Hy maak ons sterker as wat ons op ons eie kan wees. Jesus het belowe dat Hy vir ewig by ons sal wees, en nog meer as dit, dat Hy in ons sal lewe.  Dit beteken dus dat God deur sy Heilige Gees in ons, as gewone mense, kom bly. Dit is hoe ons God se werklikheid in ons alledaagse bestaan beleef. Laastens leer ons dat die Heilige Gees ons leermeester sal wees. Hy herinner ons aan die woorde van Jesus. Hy vestig die waardes van Jesus in ons harte. (Sien die vrug van die Heilige Gees in Galasiers 5:22.) Ons sien dan in die laaste sin van hierdie skrifgedeelte dat Jesus ons sy vrede belowe vir alles wat ons in die lewe mag teekom. Hierdie onderwerp het soveel meer wat ons graag met jou wil deel, so ons wil jou nooi om enige Doxa Deo kampus te kontak as jy meer hieromtrent wil leer. Verklaring: "Dankie Jesus vir die belofte van die Heilige Gees." Aksiestap vir vandag: Maak ‘n lys van die areas in jou lewe, waar jy sal begeer om die raad van die Heilige Gees te beleef.
Day 13Day 15

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy