YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 10 OF 20

GENADE BEMAGTIG MY Ons laaste ontdekking in hierdie week oor genade, gaan vandag oor hoe dit ons bemagtig om lewens te leef wat God behaag, vol betekenis, doelgerigtheid en ook vrede. Ons kyk vandag na Paulus se brief aan die jong Titus, wat Jesus begin volg het weens Paulus se getuienis. Titus 2:11-12: Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe Ons het mos reeds geleer dat die reddende genade van God verlossing bring vir alle mense. Ons gaan nou verder ontdek, deur Paulus se skrywe, dat genade baie verder gaan in ons lewens. Genade oefen ons, soos ‘n gim instrukteur, om lewensstandaarde te bereik wat ons nooit op ons eie sou bereik nie. Ons kyk dus nou na twee dimensies van genade en hoe dit ons bemagtig. Eerstens leer die genade van God ons hoe om "nee" te sê vir goddeloosheid. Dit help ons om "nee" te sê vir mense, en ook vir ons eie verkeerde begeertes, wat ons kan weg trek van God af. Genade help ons nie net om "nee" te sê nie, maar ook om "ja" te sê vir regverdige lewens wat God behaag. Dis hoe dit prakties werk. Soos jy meer gaan leer van Jesus en sy waardes, gaan dit die durf en die krag in jou oprig om saam met Hom en ook vir Hom te lewe . Dit is hoe ons sy doelwitte hier op aarde uitleef. Jesus word deur genade jou instrukteur, wat jou gaan bemagtig tot jou volle geestelike potensiaal. Hy sal jou op paaie van die lewe vat wat verreweg beter is as enige iets waarvan jy voorheen kon droom. Verklaring: "Genade bemagtig my om die regte goed in die lewe te kies." Aksiestap vir vandag: Maak 'n lys van sommige van die positiewe goed waarvoor jy die Here vertrou, wat net sy genade deur jou lewe sal kan verrig.

Scripture

Day 9Day 11

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy