YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 13 OF 20

DIE DOOP VAN GELOWIGES Die volgelinge van Jesus was geken as sy dissipels. Wat beteken dit om ‘n dissipel van Jesus te wees en wat beteken dit as ek Jesus as Here van my lewe verklaar? ‘n Dissipel van Jesus bestudeer die lering van Jesus. ‘n Dissipel van Jesus volg die waardes van Jesus na. ‘n Dissipel van Jesus lewe in verhouding met Jesus. ‘n Dissipel van Jesus lewe die doelwitte van Jesus in die alledaagse lewe uit. Jesus se dissipels het deur ‘n openbare demonstrasie gegaan om aan te dui dat hulle hom volg en die Bybel beskryf dit as die "Doop". Jesus het homself eerste laat doop. Aan die einde van sy lewe op aarde, het Hy hierdie instelling gemaak dat ons mense dissipels van Hom moet maak en hulle moet doop. Matteus 28:19: Gaan dan heen en maak dissipels van die nasies en doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. In die boek van Handelinge lees ons dat baie mense so gereageer het op die instelling van Jesus. Ons sien hoe nuwe dissipels omtrent onmiddelik gedoop is na hulle aangedui het dat hulle Jesus wil volg. (Sien die lang lys van voorbeelde in Handelinge 2:37-41, 8:5-13, 8:36-38, 9:10-12, 9:17-19, 10:47-48, 16:13-15, 16:27-34, 18:5-8, 19:1-5, 22:14-17) So, as jy dan ook nou gedoop wil word, hoe sal dit prakties werk? Jy, as 'n volwasse gelowige, sal vriende, familie en mense uit die gemeente saamroep. Jy sal dan onder water gedompel word in die Naam van die Vader, Seun en die Heilige Gees, soos beskryf is in Matteus 28:19. Dit is ‘n openbare verklaring van ‘n geestelike realiteit. Die doop het ‘n baie ryk betekenis. Die geestelike betekenis, soos hier onder gesien, word in die eenvoudige openbare aksie uitgebeeld. Romeine 6:3-4: Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. As mense wat in Jesus glo, is ons oortuig dat ons saam met Hom gesterf het en dat ons ook saam met Hom opgewek is. Dit is die geestelike waarheid wat ons as gelowiges met die praktiese handeling van die doop wil illustreer. Ons moedig jou dus nou aan om gedoop te word. Kontak gerus enige van ons Doxa Deo kampusse vir meer inligting, asook vir iemand wat jou kan begelei om gedoop te word. Verklaring: "Jesus, ek is in U gedoop en ek het saam met U opgestaan in ‘n nuwe lewe." Aksiestap vir vandag: Skryf ‘n paar praktiese dinge neer wat jy opmerk, soos jy die gedeeltes in Handelinge deurlees waar mense gedoop is.
Day 12Day 14

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy