YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 16 OF 20

DIE WOORD VAN GOD Hierdie is die laaste week van jou eerste stappe in jou verhouding met jou Vader in die hemel. Ons gaan bietjie die vraag: "Wat nou?" beantwoord, en ook ‘n laaste woord van bemoediging gee, terwyl ons kyk na sekere van die implikaises van wat dit beteken om Jesus te volg. Ons begin die week met die belangrikheid van die Bybel in jou lewe. Ons is so bevoorreg dat ons die Bybel as ‘n boek kan koop en natuurlik ook gratis kan aflaai, via die internet. Kyk wat skryf Paulus vir die jong Timoteus. 2 Timoteus 3:16-17: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Die woord "ingegee" in die oorspronklike taal, verwys na inasem. Dus is die hele Skrif deur God ge-asem. Die betekenis daarvan is dat God sy lewe in ons wil inasem, deur alles in sy Woord. Die gereedskap wat Hy gebruik is lering, weerlegging, teregwysing en onderwysing in geregtigheid. Maar dis baie belangrik dat ons let op die doel van al hierdie stukke gereedskap, naamlik: "dat die mens van God volkome toegerus sal wees vir elke goeie werk." Die rede hoekom ons die Bybel moet bestudeer, is ook vir ons eie toerusting. Ons ontvang aanmoediging en wysheid, en ons leer hoe om kwaliteit besluite te neem vir ons alledaagse lewe. Ek het besef dat ek nie kan bekostig om my lewe te leef sonder ‘n daaglikse tyd waar ek God se Woord bestudeer nie. Dalk wonder jy: "Waar sal ek begin?" Ons wat Jesus volg, lees die hele Bybel deur die lens van die Nuwe Testament (Die tweede helfte van die Bybel), want dit is waar die verhaal van Jesus begin. ‘n Baie goeie boek in die Bybel om eerste te lees, is die boek van Johannes. Dan sal ons voorstel dat jy eers al die boeke van die Nuwe Testament bestudeer voor jy die Ou Testament begin lees. Soms wonder mense ook oor watter vertalings hulle moet lees. Kyk gerus na al die gratis vertalings en kommentare wat beskikbaar is op die "Bible Hub" webwerf.  Ons sien die volgende verskillende soorte vertalings: 1\. Letterlike vertalings wat probeer om die oorspronklike betekenis woord-vir-woord te vertaal. Voorbeelde is die 1953-Afrikaanse Bybel of die "New International Version" of die "King James Version". 2\. Moderne en parafrase vertalings probeer die sinne of die paragrawe se betekenis vasvat. Dit sal wys wees om altyd letterlike vertalings byderhand te hou wanneer jy moderne of parafrase Bybels lees, soos die Nuwe vertaling of die "Message Bible" of die Lewende Bybel. Een van my gunsteling skrifgedeeltes oor God se Woord is: Johannes 14:23: Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Ons het redelik baie gepraat oor God se liefde vir ons. Nou vra Hy ons, in reaksie daarop, om ons liefde aan Hom te bewys, deur sy woord te bestudeer en te gehoorsaam. As ‘n jong Christen het ek dit maklik reggekry om die Woord te memoriseer deur bloot elke dag net een skrifegdeelte neer te skryf en sommer saam met my rond te dra, sodat ek ‘n paar keer deur die dag daarna kon kyk. Dit is regtig belangrik dat ons die Bybel se inhoud memoriseer, want dan sal ons die impak van God se Woord in ons lewens begin sien. Kyk net weer na die belofte in Johannes 14:23, ons weet God het ons onvoorwaardelik lief, maar ons sien hier dat ons ervaring van sy liefde beslis sal groei soos ons volgens die Woord van God begin lewe. Verklaring: "Here ek lewe elke dag in U Woord." Herhaal dit vandag 'n paar keer. Aksiestap vir vandag: Laai vandag jou eie Bybel van die internet af of gaan koop jou eie Bybel.
Day 15Day 17

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy