Wees DapperSample

Lees: 1 Petrus 5:8-9, 1 Korintiërs 10:13, Hebreërs 4:15-16
SOAP: Hebreërs 4:15-16
Jesus is ons Hoëpriester en wat 'n gerusstelling is dit nie om te weet dat Hy ons swakhede verstaan nie. Ons Verlosser het empatie met ons. Hy weet hoe dit voel om versoek en getoets te word, soos so dikwels met ons die geval is. Hierdie vers sê vir ons dat Jesus nie net empatie het nie, maar omdat hy empatie het, word ons genooi om met vrymoedigheid na die troon van God te gaan om barmhartigheid en genade te ontvang. Is dit nie ongelooflik nie? Jesus verstaan. Wanneer ons versoek en getoets word, kan ons met volle vertroue na God gaan om deur sy genade oorlaai te word. Ons kan dapper wees tydens versoekings, wetende dat ons met Christus kan oorwin.
Hemelse Vader, dankie dat u my swakheid verstaan. Jesus, u empatie troos my. Dankie dat ek met vrymoedigheid na die troon van God kan gaan. Dankie dat U my die krag gee om versoekings te weerstaan. Amen.
About this Plan

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.
More
Related Plans

I Said Yes to Jesus: A 5-Day Journey to Take Your Next Steps in Faith by Youth Alive Australia

Practical Ways to Love God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

When Grief or Loss Hits Like a Wave

Technicolor Woman

Journey Through Revelation

Dear Black Woman, You Are Not Alone in Your Grief

Encouragement for New Believers

Journey Through Hebrews

Is ‘Making Money While You Sleep’ Biblical?
