YouVersion Logo
Search Icon

Wees DapperSample

Wees Dapper

DAY 31 OF 43

Lees: Hebreërs 10:23-25, Spreuke 27:17

SOAP: Hebreërs 10:24  

Van al die dinge waaraan ons op ‘n daaglikse basis moet dink, is die dink aan maniere om mekaar te motiveer tot dade van liefde en goeie werke waarskynlik baie laag op die lys. Dit mag dalk nie op die voorgrond van ons gedagtes wees nie, maar wat as dit was? Wat as ons dit ons daaglikse doel gemaak het om te besin oor hoe ons ander kan aanmoedig, soos Paulus ons hier aanraai? Ons kan ons persoonlike ‘doen-lysies' vir ‘n wyle opsy skuif, sodat ons kan kyk watter mense om ons bemoediging nodig het. Dit kan die kassier wees by die kruidenierswarewinkel, 'n buurman, 'n mede-werker, of selfs iemand in jou eie huis. Almal waardeer 'n woordjie van bemoediging, en dit kos ons niks nie. Om iemand aan te moedig, motiveer hulle tot "dade van liefde en goeie werke", wat beteken dat dit 'n domino-effek het - 'n bemoedigde persoon is 'n bemoedigende persoon! Om te dink aan maniere om 'n bemoediger te wees, is 'n gewoonte wat vreugde vir die wêreld bring. Kom ons wees dapper genoeg om bemoedigers te wees.

Genadige Vader, U is my bemoediger. Help my asseblief om dapper te wees, sodat ek my broers en susters in Christus kan bemoedig. Here, open my oë vir die mense wat vandag liefde, hulp en ondersteuning nodig het. Fokus my gedagtes op maniere om ander te motiveer in u naam en vir u glorie. Amen.

About this Plan

Wees Dapper

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.

More