Lewe: Is Dit Al?Voorbeeld

Jesus Is Die Weg
Jy word groot in die era van GPS (globale posisioneringstelsel).
Dit is iets van die verlede vir hierdie geslag om in 'n vreemde stad te verdwaal.
Waar jy ook al in die wêreld is, het jy net 'n slimfoon nodig om jou posisie te bepaal en aanwysings na jou bestemming te kry.
Ongelukkig is daar nie 'n GPS vir die lewe nie.
Daar is geen towerstem met 'n strelende aksent wat ons vertel waarheen om te gaan, wanneer om af te draai en watter keuses na die beste uitkoms sal lei nie. Ons doen baie herberekeninge en neem baie verkeerde afdraaie wat ons dikwels op reis na 'n onbekende bestemming lei.
Wel, dis hoe die lewe vir baie mense voel.
Wat as daar te midde van ons gebrek aan rigting en onsekerheid oor waarheen ons lewens op pad is, 'n stem was wat met gesag praat; 'n stem wat ons kan vertrou, 'n persoon wat ons lewens ontwerp het en daarom die rigting ken waarheen ons moet beweeg?
Jesus sê Hy is daardie stem.
"Jesus het vir hom gesê: 'Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie'" (Johannes 14:6).
As jy probeer om 'n spesifieke bestemming te bereik, kan jy nie net in enige rigting loop en verwag jy gaan daar uitkom nie. Jy het spesifieke instruksies nodig. Gelukkig is Jesus in hierdie Skrifgedeelte spesifiek, want Hy het ons lief en wil hê ons moet vir altyd by Hom wees.
Hy is die Weg tot God en gee aan ons die lewe van God.
Jesus verklaar dit, nie om mense van God se teenwoordigheid uit te sluit nie, maar om deur Hom, mense na God se ewige huis uit te nooi. Die God van die heelal het jou uitgenooi om Hom deur Jesus te ken, en in hierdie verhouding kan ons die lewe ondervind soos God dit bedoel het.
Jesus belowe 'n lewe met rigting, 'n lewe met 'n doel, 'n lewe verbind aan God en bemagtig om ander lief te hê.
Dit is 'n pragtige lewe in 'n gebroke wêreld.
In plaas van 'n GPS het ons vir God wat ons deur die onsekerheid en verwardheid van die lewe reguit na die huis van ons hemelse Vader sal lei. Moenie dat jou hart ontsteld word nie. In plaas daarvan om jou vrees te vertrou, vertrou eerder in sy teenwoordigheid en sy beloftes. Hy berei 'n plek vir jou voor, en Hy sal jou onderhou op weg na jou ewige huis.
Die enigste vraag is, sal jy Hom volg?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Almal ondervind daardie dieper verlange in die lewe en dit maak nie saak met hoeveel dinge ons ons lewens probeer vul nie, ons wil altyd meer hê. Hoe baie ons daardie dinge ook al geniet, kan ons nie die gevoel afskud dat daar iets meer moet wees nie. Hierdie leesplan verken die vraag: "Is daar meer aan die lewe as dit?" en kyk na hoe God vir ons die lewe in oorvloed wil gee.
More