Lewe: Is Dit Al?Voorbeeld

'n Lewe Vry van Skuld en Skande
Was jy al ooit regtig skaam oor iets wat jy gesê of gedoen het?
Dalk 'n belofte wat verbreek is, 'n harde woord, 'n leuen aan 'n ouer, of om in 'n toets af te kyk. Wanneer ons swak keuses maak, ondervind ons gewoonlik skuldgevoelens.
Skuld gaan oor iets wat ons gedoen het. Skuld is vir ons siel soos wat pyn vir ons liggaam is — 'n waarskuwingsteken dat iets verkeerd is.
Skande is anders as skuld. Skande gaan oor wie ons is. Skande verdraai die waarheid dat ek 'n fout gemaak het met die leuen dat ek 'n fout is.
Die verhaal wat ons nou gelees het, gaan oor 'n vrou wat betrap is dat sy owerspel pleeg. Sy slaap by iemand met wie sy nie getroud is nie. Alhoewel ons nie seker is wat van die betrokke man geword het nie, word die vrou uitgesonder en deur die godsdienstige leiers voor Jesus gesleep. Die godsdienstige leiers dring aan dat haar sondes veroordeel word.
In plaas daarvan gee Jesus vir ons 'n verrassende beeld van genade en ontferming.
Jesus sê vir die aanklaers: "... Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi” (Johannes 8:7).
Een vir een het die aanklaers weggestap.
Hierdie vrou het waarskynlik skuldig gevoel oor wat sy gedoen het. Meer nog, sy het waarskynlik skaam gevoel — sy het die leuens geglo oor wie sy geword het. Tog sê Jesus vir haar: "... Ek doen dit ook nie ..." (Johannes 8:11a). Hy weier om haar te veroordeel, omdat Jesus geweet het Hy gaan na die kruis om ook ter wille van haar veroordeel te word. Jesus sal vir haar sondes betaal deur in haar plek te sterf sodat haar skande verwyder en haar skuld vergewe kan word.
Sy is vry om 'n nuwe identiteit aan te neem as iemand wat, ten spyte van haar foute, geliefd is en deur God na waarde geag word. Sy is vry en Jesus sê vir haar "... Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie ” (Johannes 8:11b).
Dieselfde is waar vir ons.
Een van die belangrikste struikelblokke wat jou verhinder om die vervulde lewe te ondervind wat God vir jou wil gee, is om toe te laat dat wat jy gedoen het of die foute wat jy gemaak het jou waarde bepaal.
Daar is 'n beter opsie beskikbaar.
In plaas daarvan, laat wat Jesus vir jou gedoen het jou skuld wegneem, jou skande verwyder en jou herinner dat jy geliefd is en deur God na waarde geag word.
Is daar enigiets op die oomblik in jou lewe waaroor jy skuldig of skaam voel? Neem 'n oomblik en bring hierdie dinge na God en vra om sy vergifnis en genesing.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Almal ondervind daardie dieper verlange in die lewe en dit maak nie saak met hoeveel dinge ons ons lewens probeer vul nie, ons wil altyd meer hê. Hoe baie ons daardie dinge ook al geniet, kan ons nie die gevoel afskud dat daar iets meer moet wees nie. Hierdie leesplan verken die vraag: "Is daar meer aan die lewe as dit?" en kyk na hoe God vir ons die lewe in oorvloed wil gee.
More