Lewe: Is Dit Al?Voorbeeld

'n Lewe Wat Werklik Lewe Is
Wat sal nodig wees om 'n haai op 'n sanderige strand gelukkig te maak?
Nie 'n vraag waarmee jy al vantevore gestoei het nie? Ek is nie verbaas nie, maar dink net vir 'n oomblik daaroor. Sal 'n lekker stukkie skaduwee werk? Wat van 'n heerlike maaltyd van see-otters, of 'n glas vars uitgedrukte limonade? Of nog beter, 'n pragtige metgesel om die sonsondergang mee te deel?
Dit is natuurlik 'n lawwe vraag, want ons weet dat, uiteindelik, niks die haai gelukkig sal maak nie, want die haai is nie vir die sand bedoel nie. Die haai is van nature geskape om in die see te swem.
Wat van mense?
Mense soek na geluk en vervulling. Ons wil almal 'n lewe van vreugde, liefde en vrede hê. Waar kry ons dit?
Meer volgelinge op Instagram? Goeie punte? Geld? Atletiese prestasies? 'n Spesiale vriend of vriendin?
Hierdie prestasies en ondervindinge kan wonderlik wees om te geniet, maar het jy al ooit agtergekom na 'n rukkie raak die geluk wat dit eers verskaf het al minder? Dit is amper asof die glans verdof, dan gaan soek ons vir die volgende betekenisvolle oomblik of groot ding wat ons hoop ons vreugde-emmer sal volmaak.
Soos die haai op die sand, lyk dit asof niks ons heeltemal tevrede kan stel nie.
In die Skrifgedeelte wat ons gelees het, beskryf Jesus Homself as die "goeie herder" (Johannes 10:14) en sy volgelinge as die skape. Skape luister na die herder se stem en hulle volg hom (Johannes 10:4), want hulle ken hom as die een wat hulle liefhet, vir hulle sorg, hulle lei en beskerm.
Dit is wat Jesus vir sy volgelinge doen.
Jesus belowe, as die goeie herder: "... Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed" (Johannes 10:10).
Die Bybel leer ons dat ons nie ware en blywende bevrediging in aardse dinge sal vind nie, maar slegs in 'n verhouding met ons Skepper. Dit maak sin, want as God die skepper van alle dinge is en die gewer van elke goeie gawe, dan kan ware geluk en blywende vervulling net by Hom gevind word.
Jesus weet dit, daarom het Hy as ons goeie herder gekom om ons na die lewe te lei. Nie 'n maklike lewe nie, maar 'n ryk, vol, betekenisvolle lewe om God en ander lief te hê; 'n lewe wat ons siele bevredig en ons nooit met 'n leë vreugde-emmer vol gate los nie.
Raak vir 'n oomblik stil en vra jouself af:
"Wat het jy nodig om die diepste verlange in jou hart te bevredig?"
"Hoe sou dit wees om Jesus die hoofbron van vervulling en doel in jou lewe te maak?"
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Almal ondervind daardie dieper verlange in die lewe en dit maak nie saak met hoeveel dinge ons ons lewens probeer vul nie, ons wil altyd meer hê. Hoe baie ons daardie dinge ook al geniet, kan ons nie die gevoel afskud dat daar iets meer moet wees nie. Hierdie leesplan verken die vraag: "Is daar meer aan die lewe as dit?" en kyk na hoe God vir ons die lewe in oorvloed wil gee.
More