Lewe: Is Dit Al?Voorbeeld

Life: Is This It?

DAG 3 VAN 7

Weergebore

Hoe word 'n mens 'n Christen? Is dit soos om te probeer om vir 'n sportspan te kwalifiseer of om by 'n skoolklub aan te sluit? Word jy eenvoudig in 'n Christelike gesin gebore? Word die Christendom oorgeërf soos DNS? 

In die verhaal wat ons vandag lees, ontmoet ons 'n Fariseër met die naam Nikodemus. Fariseërs was Joodse godsdienstige leiers in die eerste eeu. Jesus was dikwels in konflik met die Fariseërs, maar hy was 'n boeiende leermeester en gerugte het versprei dat wonderbare kragte in Hom gewerk het; dus was Nikodemus se belangstelling geprikkel. 

Nikodemus was 'n godsdienstige man, maar sy siel het gedors na die vervulde lewe. 

"Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: 'Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het …'" (Johannes 3:2).

"Daarop sê Jesus vir hom:

'Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie'” (Johannes 3:3).

Nikodemus het die beeldspraak in Johannes 3:4 misverstaan: “... Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? ..." 

Jesus het gou die misverstand uit die weggeruim. Hy gebruik die beeld om weer gebore te word om 'n baie werklike ervaring te beskryf wat die Heilige Gees in ons lewens doen. 

Ons word weergebore (wat 'n ander manier is om te sê jy word 'n Christen) wanneer ons die rug op sonde keer en ons vertroue in Christus plaas, wat die bewys is dat die Heilige Gees in ons lewens werk.

Om 'n Christen te word is nie net 'n klein aanpassing of verandering in ons lewens nie. Volgens Jesus, beteken om sy dissipel te wees, iets veel aangrypender as 'n oppervlakkige verandering in ons houding. Om Hom te volg is meer soos om tot 'n totale nuwe manier van lewe toe te tree. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Life: Is This It?

Almal ondervind daardie dieper verlange in die lewe en dit maak nie saak met hoeveel dinge ons ons lewens probeer vul nie, ons wil altyd meer hê. Hoe baie ons daardie dinge ook al geniet, kan ons nie die gevoel afskud dat daar iets meer moet wees nie. Hierdie leesplan verken die vraag: "Is daar meer aan die lewe as dit?" en kyk na hoe God vir ons die lewe in oorvloed wil gee.

More

Hierdie leesplan is verskaf deur "Alpha and the Alpha Youth Series", 'n interaktiewe 13-deel reeks wat die lewe se grootste vraagstukke verken. Vir meer inligting besoek asseblief: http://alpha.org/youth