Leesplan inligting

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus Voorbeeld

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

DAG 5 VAN 5

Dag Vyf: Vertrou Op Sy Getrouheid:  


"Vertrou jy My?"



Hierdie vraag kom daagliks na ons toe, van die oomblik wanneer ons wakker word, tot wanneer ons gaan slaap. Dit is omdat vertroue beteken dat ons rus, en rus beteken weer dat ons vertrou.



Dink daaroor: Jy sal nie jou Kersfeesboom staan maak op 'n staander waarvan een been gebreek is nie. Jy sal ook nie iemand wat altyd laat kom vra om die voorgereg te bring nie.  



Of ons dit besef of nie, ons oorweeg voortdurend of ons mense en dinge om ons kan vertrou of nie. Ons tree dieselfde op in ons verhouding met God as ons subtiel oorweeg hoeveel van ons lewe ons aan Hom sal toevertrou.  



Ons oorweeg God se getrouheid in die verlede en wonder of ons Hom met ons huidige geldsake, gebroke verhoudings, verborge seer of toekomsdrome kan vertrou. 



Dis egter te midde van die feesseisoen se besige program wat ons vertroue of wantroue na vore kom. 



… Ons eet te veel koekies, pasteie en koue vleis, omdat ons Jesus, die Brood van die Lewe, nie vertrou om ons diepste begeertes te bevredig nie.



… Ons sal ons oor ons verlore kind bekommer as ons Jesus, die Goeie Herder nie vertrou om die verlore skaap huis toe te bring nie. 



… Ons ploeter in eensaamheid en vergetelheid voort as ons Jesus nie vertrou as Immanuel nie, die God wat altyd by ons is, al is ons alleen. 



… Ons jaag heen-en-weer om die perfekte Kersfees voor te berei en vergeet om Jesus, die Enigste Heilige God te vertrou, wat alles perfek maak. 



Elke oomblik is 'n nuwe geleentheid om op God se getrouheid staat te maak op 'n menigte verskillende maniere en dit alles begin deur te leer om jou rus in Hom te vind. 



Wat as ons elke oggend met 'n rustige tydjie begin, eerder as om net in ons besige dag in te spring? Kom ons maak soos die psalmdigter en beveel ons siel om rus te vind in Jesus: om sy werke en goedheid te onthou, om ons innige behoefte aan Hom te verwoord, om ons denke en harte tot rus te bring in sy teenwoordigheid en om te verklaar dat ons vertroue het in sy betroubaarheid.



Die Een wat die wêreld met 'n paar woorde geskep het, maar tog op 'n stil, heilige nag as 'n hulpelose babatjie aarde toe gekom het, kan vandag kalmte en vrede in ons lewens bring. 



Oordenkingsvrae: Watter name van Jesus spreek tot jou en die spesifieke uitdagings wat jou nou in die gesig staar? Hoe sal dit wees as jy hierdie Kersfeestyd op God vertrou en in Hom rus? Wat sal jy anders doen? 



Wil jy nog meer lees? Laai die "Unwrapping the Names of Jesus" geskenkpakkie af. Dit sluit 'n "Names of Jesus" gebedsjoernaal, 'n "Rest" gebede boekmerk en 'n "Prayer for Christmas Rest" in, wat jy kan uitdruk. 




Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook baie besig.  Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names...

More

Ons wil graag dankie sê vir Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://onethingalone.com/advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid