Leesplan inligting

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus Voorbeeld

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

DAG 4 VAN 5

Dag Vier: Soek Sy Rus



Het jy al ooit ervaar dat die Heilige Gees jou aanmoedig om 'n blaaskans te neem van die Kersfees voorbereidings en net 'n rukkie in Jesus se teenwoordigheid deur te bring, maar wat jy dan ignoreer en op die volgende taak op jou taaklysie fokus? 



Ek weet ek het dit al gedoen. 



So dikwels dryf ons onsself om vroeg op te staan en laat te gaan slaap, om elke minuut van die dag te benut. Ons raak dan so moeg van al die harde werk dat ons nie werklik die mooi van die feestyd kan geniet nie.



Die bedrywigheid kan soms net 'n vertoon wees om diepe seer weg te steek. As ons net besig bly, sal ons nie tyd hê om aan die seer wat ons dra, erkenning te gee nie. Ons is bang om stil te wees, dus bly ons besig, al brand dit ons uit. 



Die antwoord lê egter nie daarin om nié kulturele feestye te vier nie. Ons moet eerder in ons besige program plek maak om stil te wees, sodat ons gees gesond kan word en rus ervaar. Die waarheid is dat God se redding kom wanneer ons belydenis doen en in Hom rus, sy krag kom as ons stil is en vertrou. 



Ek daag jou uit om tydens hierdie Kersgety stil te word, selfs al is dit net vir twee minute elke dag. Gaan lê jou taaklysie aan Jesus se voete neer. Drink sy lieflike teenwoordigheid in en dink na oor sy Name en laat Hom toe om jou diepste seer te genees.



Verklaar sy Heerskappy oor jou lewe; vertel Hom van jou dringende behoefte aan Hom en laat jouself toe om stil te word. Koester sy teenwoordigheid. 



Hy is Immanuel — God by ons. Hy sien. Hy weet. Hy hoor. Laat Hom toe om jou met sy liefde te bedaar.  



Gebed: Here, maak my hart rustig met u liefde. Laat u vrede oor my lewe daal soos U die storm stilgemaak het. Maak my gesond en genees my van die pyn in my hart oor die dood van 'n geliefde, 'n voortslepende trauma, van hoop en drome wat verpletter is. Blaas U, die Opstanding en die Lewe, nuwe lewe in die dooie dele van my siel. Gee my nuwe hoop vir die toekoms. Leer my om stil te wees en u lewegewende teenwoordigheid te ontvang. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook baie besig.  Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names...

More

Ons wil graag dankie sê vir Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://onethingalone.com/advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid