Leesplan inligting

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus Voorbeeld

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

DAG 1 VAN 5

Dag Een: Hoekom Ons Op Kersfees Rus Nodig Het


"Hang 'n Kerskous" is die titel van 'n Afrikaanse Kersliedjie. En so maak ons ook. 



Sommige mense begin lank voor die tyd met voorbereidings vir Kersfees, terwyl ander die onvermydelike so lank as moontlik uitstel. 



Op 'n stadium word ons almal vasgevang in 'n warboel van aktiwiteite — die meeste daarvan is pret en feestelik, maar tog ook uitputtend, wat ons siele laat voel asof dit terselfdertyd vol en leeg is. Dikwels is dit te midde van die feestelike gemoedelikheid dat ons in stilte wonder: "Is dit al wat daar is?" Die goeie nuus te midde van die blikke vol koekies, inkopielysies en versierings, is dat die Seun van God vir ons mens geword het.



God weet ons is geneig tot dolle aktiwiteit. Dit is een van die redes waarom Hy na elke ses dae 'n rusdag vir die Israeliete gegee het — sodat hulle hul werk kon onderbreek en die goedheid van hulle God, hul eie desperate behoefte aan Hom en sy gawe van stilte kon herken. 



Wanneer ons rus, gee ons erkenning aan ons God se betroubaarheid; selfs wanneer ons ophou werk, hou God ons wêreld bymekaar. 



Hierdie jaar nooi ek jou uit, soos ons Heer en Verlosser sy dissipels uitgenooi het om saam met Hom weg te gaan en te rus; om die pas te makeer en die wonder en vreugde van die Kersseisoen te herontdek, terwyl jy jou gunsteling tradisies behou. 



Maar hoe lyk dit? 


Oor die loop van volgende vier dae gaan ons rustige aanbidding beoefen: ons gaan sy goedheid onthou, jy gaan leer om jou behoeftes te verwoord, sy stilte te soek en op sy getrouheid te vertrou. 



Sal jy hierdie Kersseisoen sy uitnodiging aanvaar? Kom vir 'n rukkie weg en rus. 



Gebed: O Here, U ken my so goed. U weet dat ek smag na 'n wonderlike tydjie saam met familie en vriende, maar ek wil te veel doen vir te veel mense. Ek oorreageer en uiteindelik is daar te veel spanning en seerkry. Ek wil dit nie vanjaar hê nie. Ek kom dus na U toe met oop arms en 'n oop hart. Hier is ek. Leer my om die geboorte van ons Verlosser vanaf 'n rustige plek te vier. Rig my hart na U sodat ek u skoonheid en lof kan besing. Amen.



Wil jy nog meer lees? Laai die "Unwrapping the Names of Jesus" geskenkpakkie af. Dit sluit 'n "Names of Jesus" gebedsjoernaal, 'n "Rest" gebede boekmerk en 'n "Prayer for Christmas Rest" in, wat jy kan uitdruk. 

 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook baie besig.  Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names...

More

Ons wil graag dankie sê vir Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://onethingalone.com/advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid