Leesplan inligting

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus Voorbeeld

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

DAG 2 VAN 5

Dag Twee: Onthou God se Goedheid 



Ons ly almal aan geestelike geheueverlies. Ons vergeet wie God is en wat Hy dag-vir-dag vir ons gedoen het. Soos jy ook, moet ek myself elke jaar herinner wie Jesus is en waarom sy geboorte so wonderbaarlik is — nie omdat my verstand nie weet nie, maar omdat my hart ophou om verwonderd te wees. Ongelukkig, weens die oorbekendheid, verloor ons harte daardie aanvanklike sin van verwondering. 



Dit is deels die rede waarom die Israeliete opdrag gekry het om gereeld die wonderwerke van God te onthou: sodat hulle en hulle kinders nie sal vergeet nie, maar ook sodat God se nabyheid en krag altyd in hulle gedagtes nuut sal bly. 



Terwyl ons die Kersseisoen nader, en al die voorbereidings wat dit vergesel, is dit maklik om vasgevang te word in die versierings. Daarom moet ons onsself voorneem om doelbewus God se goedheid te onthou: beide wie Hy is en wat Hy gedoen het. 



'n Pragtige manier om dit te doen, is om oor die name van Jesus na te dink. Ons koester die Kersseisoen ten volle deur die baie maniere waarop Hy nog naby ons is, te erken. 



Net soos 'n mens 'n perfek-gesnyde diamant in die sonlig ronddraai, kan ons die vele fasette van Jesus se karakter bewonder wanneer ons oor Hom nadink. Wanneer ons elkeen van daardie pragtige fasette saamvoeg, sien ons 'n asemrowende beeld van die Seun van God wat mens geword het om ons te red. 



Ek nooi jou dus om nou tyd te maak om oor God se goedheid na te dink, deur op Jesus se name te fokus, wat in een van die mees aangehaalde profesieë oor ons Verlosser verskyn :



Jesus is Immanuel, God by ons, die Skepper wat al die heerlikheid en mag en gesag besit en tog gekies het om as 'n klein kindjie na ons wêreld te kom om saam met sy geliefdes te wees en die verhouding met ons te kom herstel.



Jesus is die Woord van God, die volle openbaring en intelligente kommunikasie van God en die mees direkte en persoonlike boodskap wat God ooit vir ons kon gee, beskikbaar vir almal wat Hom soek.



Jesus is die Heilige van God, groot in majesteit en gesaghebbend, volkome sonder sonde, wie se heiligheid ons nie bedreig nie, maar vir ons 'n rede gee om te hoop, want slegs Hy kan ons klee in Goddelike geregtigheid en aan ons krag gee.



Uitnodiging: Watter naam van Jesus staan vir jou uit? Wag 'n oomblik en dink na oor die rykheid van sy karakter. Skryf dan 'n paar spesifieke maniere neer waarop sy Naam jou vandag aanraak daar waar jy is. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

All Is Calm: Receiving Jesus' Rest This Christmas

Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook baie besig.  Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names...

More

Ons wil graag dankie sê vir Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://onethingalone.com/advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid