Leesplan inligting

Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 3 VAN 14

Die Here lei ons deur sy stem en ons reageer op Hom met ons stemme. Is dit nie net logies dat die Een wat Homself die Woord noem, altyd kommunikeer nie? Hy wat ons gemaak het om met Hom te kommunikeer, het Homself opgeoffer, sodat ons tot Hom kon terugkeer, en Hy weet ook wat ons gaan sê voordat ons dit sê. Hy hou daarvan om ons stem te hoor as ons met Hom praat. 


Gelukkig is hierdie betekenisvolle gesprekke nooit op ons eie goedheid, suksesse of die kwaliteit van ons vrae gebaseer nie. Die voorreg om gehoor te word en om te hoor, is slegs op Jesus se offer gebaseer. 


Die gesprek begin wanneer die Here na ons uitreik. God is liefde en sy liefde moet na 'n verhouding uitreik. Ons verantwoordelikehid is om sy stem te herken en daarop te reageer. Dan sal Hy antwoord. Tussendeur geniet ons sy teenwoordigheid, gehoorsaam ons Hom en vertrou ons op Hom. Ek dink 'n voortdurende gesprek is wat Paulus aanmoedig as hy praat van "bid gedurig". Ons luister na die Here of ons verduidelik iets aan Hom en wag dan in afwagting vir sy reaksie. Dit is ons plig en vreugde. Uiteindelik sal ons vind dat ons nie sonder die Here se gesprekke kan lewe nie. Ons moet net eenvoudig bid.


Gebed is beslis opbouend en kragtig. Ons gesprek met God bring wysheid en vrede. As ons nie weet hoe om verder te gaan nie, is gebed die volgende verstandige stap. Dit is 'n verligting. Dit is maklik. Dit bring rus. 


Om met God te praat en na Hom te luister, is 'n natuurlike reaksie op ons behoefte om — op hierdie oomblik — met Hom te kommunikeer. Soos Tevya se openhartige gesprek met God in die fliekFiddler on the Roof, kan ons praat en luister soos ons deur ons daaglikse roetine gaan. Die Here roep deurentyd en wag dat ons fokus verskuif. Ek het al dikwels gewonder hoekom dit ons so lank neem om die verhouding aan die gang te kry. Waar ons ook al gaan, daar is ons in sy teenwoordigheid — die antwoord.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geni...

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid