Leesplan inligting

Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 2 VAN 14

As God gereed is om in ons lewens te werk, vind dit binne enkele dae plaas — selfs binne oomblikke, en ons kan in geloof aanbeweeg na plekke wat voorheen vir ons vreemd was. Hier volg die getuienis van hierdie soort geestelike ontwaking in my lewe.


Dit het als begin toe ek gehoor het dat God se mense geroep is om 'n persoonlike verhouding met die Heilige Gees te hê. Ek het in die Bybel van die Heilige Gees gelees, 'n bietjie in sy gawes gewerk, sy teenwoordigheid geniet en sommige van sy vrug geopenbaar, maar ek het Hom nie geken nie. Hoe ek die persoonlike verhouding met die Heilige Gees kon mis, kan ek nie verstaan nie. Ek was desperaat om die Heilige Gees te ken as God met my. Maar hoe kon 'n ma van drie klein kindertjies tyd en krag vind om 'n diep verhouding met God te hê sonder onderbrekings?


Ek het 'n plekkie in die motorhuis ingerig met studiemateriaal, 'n stoel en 'n lessenaar en my wekker vir 4:30 gestel, ja, 4:30 in die oggend! Ek was geestelik so honger. 


Toe daardie hardnekkige wekker aankondig dat dit tyd was om op te staan, het ek myself aangepraat oor die belangrikheid van my soeke en die kombers af getrek. Die aaklige motorhuis was nie 'n goeie beloning vir my poging nie. Ek het myself daar bevind met 'n aanhoudende gegons van 'n muskiet. My oë was tranerig en kon nie lekker fokus nie. Ek was daar, maar wat moes ek doen? Hoe leer 'n mens in elk geval die Gees van die Here ken? 


Omdat ek nie geweet het wat anders om te doen nie, het ek begin om liedjies te sing en die Bybel hardop te lees, want dit was die beste manier om wakker te bly. Na 'n paar maande het die roetine 'n vreugde geword. Ek het geleer om op die Heilige Gees te vertrou om my Vader se gedagtes en bedoelings aan my bekend te maak en daaroor te begin bid. Die Skrifgedeeltes het vir my lewendig geword deur die Heilige Gees wat my gelei het. Ek het met vrymoedigheid begin bid en die Here het my gebede beantwoord. 


Aan die begin, toe ek so gesukkel het, wou ek amper tou opgooi. Wanneer ek gehoorsaam was aan die Gees se sterk, deurdringende roepstem, om tyd af te staan om Hom te leer ken, was Hy in staat om my te leer om Hom as 'n persoon lief te hê. Nou weet ek uit ondervinding dat ons geskape is vir 'n intieme liefdesverhouding met die Heilige Gees. Hy sit die gebedsgesprek aan die gang. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geni...

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid