Gesprekke Met God

Bybeldagboek
Een van my diepste kinderjare herinneringe sluit my ouma Easley se wiegstoel in haar plaaskombuis in. Toe sy haar kombuis met rooi goed versier het, het sy besluit om die wiegstoel ook rooi te verf. Baie kere wanneer ek daar gekuier het, het het kruisbeen op die stoel gesit en wieg en waargeneem, gewieg en geluister, gewieg en die tradisies van die kombuis met genot ingeneem. 


Ek kan nou nog my ouma sien, besig in die knus kombuis met stoom wat uit die kastrolle op die stoof blaas en hoender wat in die elektriese braaipan op die kombuistoonbank gebraai word, terwyl sy die heeltyd praat. Ouma het haar energie van mense af gekry. Sy het my liefgehad en ek het dit geweet en ek het haar met my hele hart liefgehad.


Ouma Easley is nou al vir baie jare in die hemel, maar die gesprekke wat ek in daardie wiegstoel ervaar het, bly my nog by en bemoedig my. Dit is deel van my erfenis.  


Etlike jare gelede het my ma vir my ouma se rooi wiegstoel persent gegee - ja, wel, ek het daarvoor gesmeek en sy het ingegee! Die wiegstoel is die fokus van my huis, 'n gemaklike plek met boeke om hardop te lees, om tyd met familie en vriende te spandeer en om my kleinkind te wieg. As ek nie daar sit nie, verlang my hart soontoe - met verwagting. 


Net soos my plek op die rooi stoel vir genotvolle tye saam met ouma en haar geselsies my gebring het, en soos dit my naby aan die mense bring wat ek deesdae die meeste liefhet, net so bring Bybellees ons op die beste plek in die huis as ons tyd saam met die Here spandeer. As ons nie saam met Hom sit nie, trek Sy hart 'n punt na ons - met verwagting. 


Jesus wil graag hê dat ons Sy Woord bestudeer om uit te vind hoe lief Hy ons het en hoe ons vir Hom lief kan wees. Terwyl ons tyd saam met Hom en Sy geskrewe openbaring spandeer, word Sy gedagtes en doel vir ons bekendgemaak. Dié wat die Skrif ten volle aangryp, kan nooit dieselfde bly nie - hulle wêreldsiening word vir altyd met Sy lewe deurdrenk.  Jesus gebruik Sy geskrewe woorde om 'n lewende erfenis op mense harte te skryf. Wanneer Hy dit doen, word ons van glorie tot glorie verander.