Leesplan inligting

Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 4 VAN 14

Om God se stem te hoor en te geniet, het die beste avontuur van my lewe geword. Sy stem laat my sy wese en nabyheid ervaar. As Hy praat, oorweldig Hy my met sy liefde. Om sy stem te hoor is 'n belewenis. 


Ervaring het my geleer dat, selfs al moet die Here my reghelp, hoef ek nie bang te wees vir sy stem en teenwoordigheid nie, want dit sal altyd vriendelik wees. Hy eer my soos 'n bruidegom sy bruid eer. Sy konsekwente goedheid leer my om Hom te vertrou. 


Die eerste aanduiding dat die Here praat, is dat sy stem my aandag trek. Soms is sy kommunikasie onduidelik. Maar sy woorde kan ook soos my eie gedagtes en verbeelding klink, of die insette van die mense rondom my. Dan wonder ek: "Praat die Here of word ek deur my eie gedagtes, wil en emosies mislei?" 


Ek het die Here eenkeer uitgevra oor die dilemma om sy stem te herken. Wat Hy aan my bekend gemaak het, was verrassend. Hy het gesê dat dit 99% van die tyd in der waarheid sy stem was, as ek lank genoeg gewag het om te wonder of dit Hy was. Ek was seergemaak, want so dikwels het ek sy fluisterstem geïgnoreer en was blatant ongehoorsaam. My reël is nou: As ek moet vra: "Is dit die Here?" — is dit heel moontlik Hy! As ek erken dat dit Hy is wat praat, kan ek maklik onderskei wat om te doen.


Ek verlang deesdae na die Here se kommunikasie. Sy gedagtes is ware wysheid, lynreg teenoor ons natuur. As Hy praat, praat Hy die waarheid en verbreed my begrip met sy leiding. Te midde van sy nuwe openbaring of opdrag, vind ek dikwels dat my eie begrip so onverwags geskuif het. Die een oomlik weet ek niks, of is nie bewus van iets nie, en die volgende oomblik begryp ek iets so volkome dat ek onwillekeurig uitroep: "Ja, nou verstaan ek!"


Wanneer my gees sy kommunikasie en nabye teenwoordigheid waarneem, vul vrede my, of pure geluk borrel uit my binneste. Trane kan ook rol. Ek dink dit is sy goedheid wat hierdie reaksie op verskillende vlakke uitlok. Sy stem noop my om te reageer — en dit word dan die volgende stap in ons voortgesette gesprek. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geni...

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid