Leesplan inligting

7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Parenting

DAG 6 VAN 7


Ek was vir 60 ure in kraam. Sestig lang, pynvolle en benoude ure. Sommige vrouens kla oor hoe lank hulle in kraam was en ander dra die lengte van kraam soos ‘n ere kenteken. Ek sou sê ek val meer in die laaste kategorie, want ek is trots op elke uitputtende oomblik.


Hierdie trots wat ek gevoel het, het onmiddellik verdwyn toe my seun in die middel van die nag, ure nadat hy gebore is, begin huil het. "Wat beteken dié gehuil? Is hy honger? Hoe weet ek hoeveel hy inkry? Het hy iets anders nodig? Waar is die verpleegster?!?"


Om my seun te ontmoet, het my met ‘n onuitspreeklike dankbaarheid vir die geskenk van sy lewe gevul. Op die hakke van daardie onoortreflike gevoel van dankbaarheid, het daar golwe van twyfel, vrees en onbevoegdheid gevolg. As ‘n splinternuwe ma het ek onvoorbereid en glad nie toegerus gevoel vir hierdie nuwe taak van ouerskap nie.


Om die waarheid te sê, daardie gevoel het sedertdien nog nie regtig verdwyn nie. Tog vertrou ek ten volle dat wat die Bybel sê waar is:


"As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid." Jakobus 1:5a


Met die geskenk van ‘n kind het God aan my ‘n nuwe vlak van sy vrygewigheid gewys en die nuutheid van hierdie tydperk het my in nederigheid gelei om God se wysheid te vra. Hy was nog elke keer getrou as ek met ‘n leergierige en gewillige gees na Hom gegaan het om my met sy wysheid deur ouerskap te lei.


Ek hoop jy besef watter hulpbron jy in Christus het. Hy wil aanhou om sy vrygewigheid oor jou uit te stort, met behulp van die maniere waarop jy ouerskap hanteer. Hy wil—meer as jy—hê dat jou kind Hom sal ken, Hom sal liefhê, Hom sal dien en deur Hom gelei sal word. Hy is wys en vrygewig en Hy is baie gereed om beide oor jou uit te stort. Is jy gereed om dit aan te gryp?


Gaan na ons vrygewige God en vra vir wysheid soos jy deur die uitdagings van ouerskap werk. Hy is gereed om dit vir jou te gee.


Jessica Penick

YouVersion Inhoudsbestuurder


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Parenting

Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toe...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bible.com/reading-plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid