Leesplan inligting

7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Parenting

DAG 5 VAN 7


Ons wil almal goed-gemanierde kinders hê, nie waar nie? Soms bedoel ons daarmee dat ons wil hê ons kinders moet goed-gemanierd teenoor ander voorkom. Dit mag beteken geen woedebuie of kattekwaad nie, of dit kan beteken dat hulle op die regte tye "asseblief" en "dankie" moet sê. Noudat my kinders ouer word, begin ek wonder of die werk wat ek gedoen het om hulle van buite goed te laat lyk, enigsins gehelp het om hulle van binne beter te maak.


Oor net twee jare gaan my oudste dogter universiteit toe. Ek haat dit om te erken, maar ek gaan nie daar wees om seker te maak sy doen alles reg nie. Dus doen ek nou alles in my vermoë om seker te maak dat sy later my stem in haar kop sal hoor, in daardie tye wanneer sy sukkel om die regte ding te doen. Of liewer, wat as dit God se stem is wat sy dan hoor? Hy sal altyd daar wees—selfs wanneer ek nie daar kan wees nie.


Die beste manier om seker te maak dat jou kinders God se stem hoor, is om sy Woord vir hulle te leer, maar om dit net aan hulle voor te dra—of selfs om hulle te leer om dit self voor te dra—sal nie genoeg wees nie. As jy wil sien hoe jou kinders deur die krag van God se Woord herskep word, moet hulle dit in jou sien werk—hoe dit ‘n effek op jou lewe het en jou rigting help bepaal deur die besluite wat jy daagliks neem. Praat daaroor aan tafel. Gesels daaroor in die motor. Praat op ‘n gemaklike wyse daaroor in gesprekke met ander. Help jou kinders om duidelik te sien hoe God se stem en sy Woord elke area van jou daaglikse lewe beïnvloed.


Help terselfdertyd jou kinders om die Bybel self te ervaar, deur die rol van afrigter aan te neem. Dit is belangrik dat hulle leer om die Bybel op hulle eie te lees en om self na die stem van die Heilige Gees te luister. Help hulle om ‘n Bybelleesplan te kies en volg dit dan op met vrae. Hier is ‘n paar voorstelle van dinge wat jy kan sê om ‘n gesprek aan die gang te sit:



  • Wat het jy hierdie week in die Bybel gelees wat jou opgeval het?

  • Het jy enigiets gelees wat jy nie verstaan nie?

  • Is daar enigiets wat jy gelees het waarvan jy meer wil weet?

  • Wat sê God vir jou deur dit wat jy gelees het?

  • Watter een ding kan jy in jou lewe verander, op grond van wat jy gelees het?


As ouers werk ons saam met die Heilige Gees om ons kinders van God en sy Koninkryk te leer. Vertrou op Hom om hulle innerlike herskepping te voltooi. Hy het hulle liewer as wat ons hulle ooit kan hê.


Michael Martin


YouVersion Web-ontwikkelaar


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Parenting

Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toe...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bible.com/reading-plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid