7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap Sê

Dag 1 van 7 • Vandag se leesstuk

Bybeldagboek

Ons het hierdie vers in ons seun se kamer opgehang voor ons hom huis toe gebring het van die hospitaal af en ons sien dit elke aand wanneer ons hom in die bed sit. Dit dien as ‘n herinnering aan die groot roeping en verantwoordelikheid wat God op ons geplaas het om sy ouers te wees.

As ouers het ons die primêre verantwoordelikheid om die fondasie van geloof vir ons kinders te bou. Of ons nou daarvan hou of nie, ons skets elke dag vir ons kinders ‘n prentjie van geloof. Elke woord, elke aksie en elke reaksie is ‘n verfstrepie in ons prentjie. In die uitlewing van ons daaglikse ouerskap, kan dit uitdagend voel om die perfekte prentjie te skets. Of jy nou in die middel van slapelose nagte met ‘n baba sit, of die uitdagings probeer oorleef om jou kind van die doeke af te kry, huiswerk en skool aktiwiteite probeer bestuur of die motorsleutels oorhandig; ouerskap bly ‘n moeilike werk. Ons moet onthou dat God nie van ons verwag om dit op ons eie te doen nie—Hy het ons kinders meer lief as wat ons hulle ooit kan liefhê! 

Hier is twee eenvoudige maniere om jou kinders na God te lei.

1.  Bid saam met en vir jou kinders. Elke dag. Aanhoudende gebed is noodsaaklik om ‘n fondasie van geloof vir jou kinders te bou. Moet nooit ophou om vir jou kinders te bid nie. Moenie toelaat dat hulle huidige omstandighede God se krag oorskadu nie. Selfs al hardloop jou kind tans van God af weg, is Hy altyd net so ver soos ‘n gebed van hulle af. Gebed kan alles verander.

2.  Moet dit nie alleen doen nie. Hulle sê dit kos ‘n hele dorp om kinders groot te maak. Jy het mense in jou lewe nodig wat kan help om die regte rigting vir jou kinders aan te dui. Gaan as ‘n gesin saam kerk toe. Dien as ‘n gesin saam in die kerk. Word deel van ‘n klein groepie mense wat jou deur die seisoene van ouerskap kan ondersteun. Ons het almal 'n gemeenskap nodig en dit is van uiterste belang vir jou en jou kinders om sterk, geloof-gebaseerde verhoudings te hê.

Dit is nooit te laat om in die geloof van jou kinders te begin belê nie. Dit is ook nooit te vroeg om te begin nie. Stel die trajek vir geloof vir jou kinders en begin nou om hulle na God te wys.

Todd Dobberstein
YouVersion Produksiebestuurder