Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 1 VAN 30

Kom Ons Bly By Die Punt



My Allerbeste vir Sy Hoogste. ". . . my opregte verwagting en hoop is dat ek my vir niks sal skaam nie. . . ." Ons sal almal erg beskaamd wees as ons nie die areas van ons lewens aan Jesus gee, wat Hy ons gevra het om aan Hom te gee nie. Dis asof Paulus gesê het: "Ek is vasbeslote om my allerbeste vir Sy hoogste te wees—my beste tot Sy heerlikheid." Om daardie vlak van vasberadenheid te bereik, is 'n saak van wil, nie van debat of beredenering nie. Op daardie stadium is dit volstrekte en onherroeplike oorgawe aan die wil. 'n Onnodige hoeveelheid denke en oorweging aan onsself is wat ons daarvan weerhou om daardie besluit te neem, alhoewel ons dit wegsteek agter die dekmantel dat ons eintlik ander in ag neem. Wanneer ons ernstig daaroor dink wat dit ander sal kos as ons die roeping van Jesus gehoorsaam, vertel ons vir God dat Hy nie weet wat ons gehoorsaamheid sal beteken nie. Bly by die punt—Hy weet dit wel. Sluit elke ander gedagte uit en fokus slegs op hierdie een ding—my allerbeste vir Sy hoogste. Ek is vasbeslote om absoluut en ten volle net vir Hom en Hom alleen te leef.



My Onstuitbare Vasberadenheid vir Sy Heiligheid. "Of dit lewe of dood beteken—dit maak nie saak nie!" (Filippense1:21). Paulus was vasberade dat niks hom sou keer om presies te doen wat God wou hê nie. Maar voordat ons kies om God se wil te volg, moet daar 'n krisis in ons lewens ontwikkel. Dit gebeur omdat ons geneig is om nie te reageer as God ons sagkens aanpor nie. Hy bring ons op die plek waar Hy ons vra om ons allerbeste vir Hom te gee en ons begin redekawel. In Sy voorsienigheid bring Hy 'n krisis sodat ons 'n besluit—vir of teen Hom kan neem. Daardie oomblik word dan die groot kruispad in ons lewens. As 'n krisis van enige kant af na jou toe gekom het, gee jou wil dan volkome en onherroeplik aan Jesus oor.



Here, die omvang van U krag, die aanraking van U genade, die asemhaling van U Gees—hoe verlang ek dat dit my van aangesig tot aangesig met U sal bring. Vergewe my traagheid; dit neem my so lank om sommige dinge te begryp.



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid