Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 9 VAN 30

Omskep Deur Aanskouing



Die grootste kenmerk wat 'n Christen kan openbaar, is hierdie algehele openlikheid voor God, wat dit vir die mens moontlik maak, om 'n spieël vir ander te word. Wanneer die Gees ons vul, word ons omskep, en deur God te aanskou, word ons soos spieëls. Jy weet altyd wanneer iemand die heerlikheid van die Here aanskou het; jou innerlike gees sal aanvoel dat hy die Here se karakter weerspieël. Pasop vir enigiets wat daardie spieël in jou sal vuilmaak of besmeer. Dit is amper altyd iets goed wat dit sal bevlek—iets goeds, maar nie wat die beste is nie.



Die belangrikste reël vir ons is om te konsentreer om ons lewens oop te hou vir God. Laat alle ander dinge, insluitende werk, klere en kos, opsy gesit word. Die bedrywigheid van dinge belemmer ons fokus op God. Ons moet 'n plek inneem vanwaar ons Hom kan aanskou en ons lewens deurentyd heeltemal geestelik hou. Laat ander dinge kom en gaan soos hulle wil; laat ander mense ons kritiseer soos hulle wil; maar laat niks toe om julle lewe te benewel wat "saam met Christus verborge in God is nie" (Kolossense 3: 3). Moet nooit 'n haastige lewenstyl toelaat om die noue verhouding met Hom te versteur nie. Dit is 'n maklike ding om toe te laat, maar ons moet daarteen waak. Die moeilikste les van die Christelike lewe is om te leer hoe om aan te hou om die heerlikheid van die Here te aanskou "soos in 'n spieël . . . . "



O Heer, ek kyk so geheel en al na U dat ek erger as nutteloos sonder U is. Wees vandag my wysheid, onderskeiding en begrip.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid