Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 7 VAN 30

Dink Terug Aan Wat God Onthou



Is ek so spontaan goedgesind teenoor God soos ek was, of verwag ek net dat God teenoor my goedgesind sal wees?



Vul alles in my lewe Sy hart met blydskap, of kla ek aanhoudend dat dinge nie uitwerk soos ek dit wil hê nie? 'n Persoon wat vergeet het wat vir God belangrik is, sal nie met vreugde gevul wees nie. Dit is wonderlik om te onthou dat Jesus Christus behoeftes het wat ons kan vervul—"Gee My water om te drink" (Johannes 4:7). Hoeveel goedgesindheid het ek Hom die afgelope week bewys? Was my lewe 'n goeie weerspieëling van Sy aansien?



God sê vir Sy volk: "Jy is nie nou lief vir My nie, maar Ek onthou 'n tyd toe jy was." Hy sê: "Ek onthou nog hoe getrou jy aan my was in jou jeug" (Jeremia 2:2). Is ek so tot oorlopens toe gevul met liefde vir Jesus Christus soos ek in die begin was toe ek uit my pad gegaan het om my toewyding aan Hom te bewys? Vind Hy my ooit dat ek nadink aan die tyd toe ek net vir Hom omgegee het? Is dit waar ek nou is, of het ek die mens se wysheid bo ware liefde vir Hom gekies? Het ek Hom so lief dat ek nie omgee waarheen Hy my mag lei nie? Of wag ek om te sien hoeveel respek ek gaan kry, gemeet aan die hoeveelheid diens wat ek vir Hom moet gee?



Soos ek nadink oor wat God van my onthou, mag ek ook begin besef dat Hy nie meer vir my is wat Hy voorheen vir my was nie. As dit gebeur, moet ek die skaamte en vernedering wat dit in my lewe skep, toelaat, want dit sal goddelike droefheid bring, "...want droefheid...bring bekering..." (2 Korintiërs 7:10).



Here, hoe verlang ek dat U my van aangesig tot aangesig met Uself sal bring! My siel dors na U, vir die aanraking van U genade, die asem van U Gees.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid