Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 30 VAN 30

Algehele Oorgawe



Ons Here antwoord op hierdie stelling van Petrus deur te sê dat hierdie oorgawe "vir My en die Evangelie" is. (10:29) Die doel was nie daarvoor om die dissipels te bevoordeel nie. Pasop vir oorgawe wat gemotiveer word deur persoonlike voordele wat dit mag oplewer. Byvoorbeeld: "Ek gaan myself aan God gee, omdat ek van sonde verlos wil word en omdat ek heilig wil word." Om van sonde verlos te word en heilig te wees, is die gevolg van my saak wat met God reggemaak is, maar oorgawe as gevolg van hierdie soort denke is beslis nie die ware aard van Christenskap nie. Ons dryfveer vir oorgawe moet glad nie ter wille van enige persoonlike voordeel wees nie. Ons het so selfgesentreerd geword dat ons net na God gaan om iets van Hom te kry, en nie ter wille van God self nie. Dit is soos om te sê: "Nee, Here, ek wil U nie hê nie; ek wil myself hê. Maar ek wil hê dat U my moet reinig en my met u Heilige Gees moet vul. Ek wil in U vertoonvenster uitgestal word, sodat ek kan sê: "Dit is wat God vir my gedoen het." Om die hemel te verkry, om van sonde verlos te word en om vir God nuttig te wees, is dinge wat nooit eens in ag geneem moet word by werklike oorgawe nie. Egte algehele oorgawe is 'n persoonlike oppermagtige voorkeur vir Jesus Christus self.



Waar pas Jesus Christus in die prentjie wanneer ons besorgd is oor ons menslike verhoudings? Die meeste onder ons sal Hom met hierdie verskoning verlaat—"Ja, Here, ek het gehoor dat U my roep, maar my gesin het my nodig en ek het my eie belange. Ek kan net nie verder gaan nie." (sien Lukas 9: 57-62) "Dan," sê Jesus, "kan jy nie my dissipel wees nie." (sien Lukas 14: 26-33)



Ware oorgawe sal altyd menslike toewyding oorskry. As ons net sal oorgee, sal God Homself oorgee en sodoende almal na aan ons insluit en in hulle behoeftes voorsien, behoeftes wat deur ons oorgawe geskep is. Wees versigtig dat niks jou algehele oorgawe aan God verhinder nie. Die meeste onder ons het slegs 'n visioen van wat dit werklik beteken, maar het dit nooit werklik ervaar nie.



O Here, laat my verstand gloei met die onderrig van U Heilige Gees.


Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid