Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 6 VAN 30

Is Jy Vir Alles Gewillig?



Soms is ons gewillig en opgewonde om 'n gebedsbyeenkoms by te woon, maar voel ons dieselfde opwinding vir sulke alledaagse take soos om skoene te poets? Om deur die Gees wedergebore te word, is 'n onmiskenbare werk van God, so geheimsinnig soos die wind, en net so verrassend soos God self. Ons weet nie waar dit begin nie—dit is weggesteek in die dieptes van ons siel. Om van bo-af wedergebore te word, is 'n aanhoudende, voortdurende en ewige begin. Dit bied die hele tyd varsheid van gedagtes, woorde en lewe—'n voortdurende verrassing van die lewe van God. Stagnering is 'n aanduiding dat ons nie met God in pas is nie. Ons sê vir onsself: "Ek moét hierdie ding doen of dit sal nooit gedoen word nie." Dit is die eerste teken dat ons stagneer. Voel ons op hierdie oomblik opgewonde of is ons aan die stagneer, soekend in ons gedagtes na iets om te doen? Opgewondenheid is nie die gevolg van gehoorsaamheid nie; dit kom van die Heilige Gees. Gehoorsaamheid hou ons "in die lig soos Hy in die lig is. . . "(1 Johannes 1:7).



Beskerm jaloers jou verhouding met God. Jesus het gebid "dat hulle een mag wees net soos Ons een is"—met niks tussen-in nie (Johannes 17:22). Hou jou hele lewe voortdurend oop vir Jesus Christus. Moenie voorgee om openhartig met Hom te wees nie. Kry jy jou lewe van enige ander bron as God self? As jy op enigiets anders as jou bron van opgewondenheid en krag staatmaak, sal jy nie agterkom wanneer Sy krag weg is nie.



Om deur die Gees gebore te word beteken veel meer as wat ons gewoonlik dink. Dit gee ons nuwe visie en hou ons heeltemal vars vir alles, deur die nimmereindigende voorraad van die lewe van God.



O Heer, blaas U asem op my totdat ek een met U is in die stemming van my verstand en hart en gesindheid. Ek draai na U toe. Ek besef weer eens hoe totaal verlore ek sonder U is!


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid