Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 3 VAN 30

Die Roeping Van Die Natuurlike Lewe



Die roeping van God is nie 'n roeping om Hom op enige spesifieke manier te dien nie. My kontak met die aard van God sal my begrip vorm van Sy roeping en sal my help om te besef wat ek werklik vir Hom wil doen. Die roeping van God is 'n uitdrukking van Sy geaardheid; die diens wat as gevolg daarvan uit my lewe vloei, is geskik vir my en is 'n uitdrukking van my geaardheid. Die roeping van die natuurlike lewe is so deur die apostel Paulus verklaar: "Toe dit God behaag. . . om Sy Seun in my te openbaar sodat ek Hom kan verkondig [dit beteken om Hom alleen, plegtig bekend te maak] onder die Heidene. . . . "



Diens is die oorvloei wat voortspruit uit 'n lewe vol liefde en toewyding. Maar streng gesproke, is daar geen roeping daarop nie. Diens is wat ek na die verhouding toe bring en is die weerspieëling van my identifisering met die aard van God. Diens word 'n natuurlike deel van my lewe. God bring my in die regte verhouding met Homself, sodat ek Sy roeping kan verstaan ​​en dan dien ek Hom slegs met 'n motivering van absolute liefde. Diens aan God is die doelbewuste liefdesgeskenk van 'n geaardheid wat die roeping van God gehoor het. Diens is 'n uitdrukking van my geaardheid, en God se roeping is 'n uitdrukking van Sy geaardheid. Daarom, wanneer ek Sy geaardheid ontvang en Sy roeping hoor, weerklink Sy Heilige Stem deur Sy geaardheid en myne en die twee word een in diensbaarheid. Die Seun van God openbaar Homself in my, en a.g.v. my toewyding aan Hom word diens my alledaagse lewenswyse.



Here, U Woord kom so stil en deurdringend: "As iemand My dien, laat Hy My volg" en, "As iemand My dien, sal my Vader hom eer." Neem my as U dienaar in hierdie opsig.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid