Leesplan inligting

Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld

Fight Devotional For Men

DAG 5 VAN 11

Emosie-siek




Het jy al ooit 'n emosionele besluit geneem? Dis wat ek bedoel: jy sukkel met 'n moeilike projek. Jy het baie in die uitkoms belê, en jy dink jy weet selfs wat jy moet doen. Jy hou uit, maar jy het baie ander dinge aan die gang in jou lewe, dus is dit moeilik om gefokus te bly .




Uiteindelik, oorkom deur jou spanning — waarskynlik insluitend 'n paar eksterne invloede — gee jy in. Jy laat vaar jou oorspronklike projek omdat dit net te veeleisend is. Jy kon nie meer die druk hanteer nie. Dit is egter wanneer die werklike moeilikheid begin; nou moet jy die gevolge van opgee hanteer.




Ons hou nie daarvan om aan onsself as "emosioneel" te dink nie. Vroue is mos emosioneel, nie ons nie. Ons is sterk; ons is logies; ons is denkers. Die waarheid is egter, alle mense is emosionele wesens. Eerlikwaar, daar is niks daarmee verkeerd nie; dis hoe God ons gemaak het. Dit is wanneer ons daardie emosies toelaat om ons optrede te bepaal dat ons onsself in die moeilikheid laat beland.




In vandag se leesstuk begin ons met Simson en sy Filistynse drinkebroers wat volwasse drankies wegslaan. Hierdie ouens haat hom heimlik, maar hulle is tevrede om saam te drink solank hy betaal. Simson besluit om hulle 'n les te lees; dus gaan hy met hulle 'n weddenskap aan dat hy vir hulle 'n raaisel kan vertel wat hulle nie sal kan oplos nie. Ek wil dit nie vir jou bederf nie, maar ek sal vir jou 'n wenk gee: Simson spog basies oor die oortreding van sy tweede reël (moenie aan iets raak wat dood is nie).




Wanneer hulle nie die antwoord kan kry nie, dreig hulle Simson se verloofde om dit vir hulle uit te vind. Toe hulle hom dus op die laaste dag ewe selfvoldaan die regte antwoord gee, besef Simson dadelik wat moes gebeur het.




Wat ek regtig wil hê jy moet raaksien: Omdat Simson toegelaat het dat sy impulsiewe besluite en emosies hom lei — eerder as die Gees van God — het hy die een slegte besluit na die ander geneem. Simson stel nooit sy koers reg nie, maar selfs toe hy die gevolge van sy eie dade moet dra, verlaat God se krag hom nooit nie.




Ons krag kom van die Here. Hy het ons tog gemaak om krygers te wees — dit is presies hoekom ons sy Gees moet toelaat om ons te lei. Ons moet kan onderskei wat, wanneer, waar en hoe om te veg. Ons moet net veg vir die dinge wat werklik die moeite werd is om voor te veg. Moenie jou emosies vertrou nie. Vertrou op die Gees van God in jou.



Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fight Devotional For Men

Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te wor...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid