Leesplan inligting

Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld

Fight Devotional For Men

DAG 4 VAN 11

Ek Het Dit Onder Beheer




Wellus sê: "Ek wil dit hê."

Eiegeregtigheid sê: "Ek verdien dit."

Trots sê: "Ek kan dit hanteer."




Onthou jy toe Simson vir sy ouers gesê het hy wil met die Filistynse vrou trou? Wel, wat het elke man nodig voor hy kan trou? Dit is reg — 'n rampartytjie! In Simson se geval het dit 'n groot geleentheid beteken. Soos jy in vandag se leesstuk sal sien, wou Simson saam met sy maats dronk word.




Voordat ons lees, is hier iets waaraan ek jou wil herinner: Simson se eerste reël:




1. Moenie alkohol drink nie.




Simson was glad nie veronderstel om alkohol te gebruik nie. Simson het egter gedink, omdat hy so sterk was, kon hy dit hanteer. Jy het dit seker al voorheen gehoor. ’n Ou glo hy is regtig taai (en dalk is hy), dus oortuig hy homself dat hy nie aan dieselfde gevolge as ander ouens sal ly nie. Miskien was jy selfs daardie ou. Om te dink jy kan dit hanteer, hoef nie net oor misbruik te gaan nie:




Net een drankie/een trek aan 'n daggazol/een snuif van 'n dwelmmiddel gaan my nie doodmaak nie. Ek kan dit hanteer.




Man, ek is mal oor hierdie motor/huis/boot. Ek kan die betalings bybring.




Ek weet ek is nie "veronderstel" om na hierdie webwerf/rolprent/video te kyk nie, maar ek het my slimfoon by my. Dit is net hierdie een keer.




Omdat Simson die sterkste man was wat nog ooit gelewe het, het hy werklik geglo dat hy alles kon hanteer. Weet jy egter waar Simson beland het? As jy nog nooit sy verhaal gehoor het nie, sal ek nie die einde vir jou bederf nie. Laat ek net dit sê: hy kon dit nie hanteer nie. Wat laat jou dus dink jy kan?




Ons hoef nie dieselfde paadjie as Simson te volg nie. Onthou, jou vyand wil jou VERNIETIG, jou VERSLIND. Die sleutel is om sy spel voor die tyd te herken en jouself voor te berei. As jy leer hoe hy werk, kan jy sy strikke vermy. Drie van sy doeltreffendste wapens is wellus, eiegeregtigheid en trots.




Moenie toelaat dat jou vyand jou trots en selfsug en skaamte gebruik om jou te mislei om jou Godgegewe krag te verruil vir dinge wat jou vleeslike aptyt verlei nie. Jy is gemaak vir meer as dit. Jy kan 'n man van geestelike krag, integriteit en moed wees. Jy kan 'n man wees wat sy vrou en sy gesin dien. Jy kan 'n man wees wat onselfsugtig aan ander gee. Die dapperste ding wat ons kan doen, is om te erken dat ons swak en kwesbaar is, en dat ons God se krag en sy teenwoordigheid nodig het. Wanneer ons in nederigheid na Hom toe kom, verlos Hy ons en vul ons met doel en betekenis.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Fight Devotional For Men

Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te wor...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid