Leesplan inligting

Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld

Fight Devotional For Men

DAG 6 VAN 11

Die Moeilikheid met Jakkalse




Vir baie mans is woede hulle eerste emosie. Wanneer iemand ons in die verleentheid stel, voel ons selde net verleentheid. Daardie verleentheid maak ons ook meestal kwaad. Niemand gaan my soos 'n gek laat lyk nie. Hulle sal spyt wees dat hulle met my gemors het. Wanneer mans iets negatiefs ervaar, is woede gewoonlik ons ​​outomatiese reaksie.




Jy het dalk gedink Simson se reaksie van gister was oordrewe — hy het 30 mans doodgemaak om sy dobbelskuld te delg — maar hy het toe net opgewarm. Vandag sal ons sien hoe hy verder optree.




Nadat Simson van sy verlowingsviering af weg gestorm het, was sy bruid se pa skaam dat sy toekomstige skoonseun sommer verdwyn het. Hy het dus gedoen wat enige pa in daardie posisie sou doen: hy het haar vir 'n ander man op die huwelikspartytjie gegee! (Dit maak dalk nie vir ons sin nie, maar dit was destyds gepas in hulle kultuur.)




In vandag se leesstuk sal ons sien wat gebeur wanneer Simson terugkom en vind dat sy vrou aan 'n ander man gegee is.




Kom ons hersien Simson se hoof-optredes tot dusver: Hy het iewers heen gegaan waar hy nie moes nie. Hy het die verkeerde vrou begeer — en haar toe nagejaag. Hy het sy ouers se raad (en God se wysheid) geïgnoreer. Hy het geraak aan iets wat dood is. Hy het dronk geword. Hy het die Filistyne uitgetart met sy raaisel. Hy het sy eie geheim uitgeblaker. Hy het sy vrou by die altaar gelos om 'n klomp mans te gaan doodmaak.




Wie was verantwoordelik vir elkeen van hierdie optredes? Simson self.




Simson word steeds kwaad vir die wêreld, maar in werklikheid was byna alles wat gebeur het, sy eie skuld. Op enige stadium kon hy halt geroep het, selfs net 'n bietjie rem aangedraai het. As hy net 'n oomblik geneem het om af te koel, kon hy selfs dinge omgekeer het. In plaas daarvan, het hy oor en oor elke situasie vererger en ander gedwing om te reageer.




Vandag sal ons sien hoe nog een emosionele besluit van Simson 'n emosionele reaksie by die Filistyne afdwing — en hom alles kos waarvoor hy omgee.




Wat van jou? As jy kwaad is vir diegene om jou, waar is jou verantwoordelikheid daarin? Kan dit moontlik wees dat ten minste sommige van die moeilike dinge waardeur jy nou gaan die gevolg — dalk selfs die direkte gevolg — van jou eie keuses is? Probeer regtig om eerlik met jouself te wees.




Voel jy in die versoeking om verskonings vir jou gedrag te maak? As jy dit doen, is dit tyd om op te hou en teen daardie versoeking te veg. Erken jou aandeel. Vra om vergifnis as jy moet. Nie net van God nie, maar van die mense vir wie jou optrede en houdings dalk seergemaak het. Vra God se Gees om jou te lei. Gaan maak dan die moeilike veranderinge wat Hy aan jou wys.



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Fight Devotional For Men

Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te wor...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid