Leesplan inligting

Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld

Fight Devotional For Men

DAG 10 VAN 11

Die Steelkant




Mans hou daarvan as mense van hulle hou, maar dit is nie vir ons alles nie. Die meeste van ons waarde kom nie van verhoudings nie, dit kom van dinge wat ons bereik het: Hoe het ek vergelyk? Het ek goed gevaar? Het ek GEWEN?



Die meeste mans wil nie misluk nie … nie eens een keer nie. Ons wil vaardig en suksesvol wees in alles wat ons probeer. Dit is hoekom ons nie daarvan hou om saam te speel as ons nie dink ons kan wen nie. Dit is gewoonlik wanneer ons nie aan ons verwagtinge — of enigiemand anders s'n — voldoen nie, wat spyt na vore kom: Ek wens ek het _____. Ek moes ______ gedoen het. Hoekom het ek nie ______?



Simson was die model van die "Wens Jy Het", "Wat Jy Kon", "Wat Jy Moes"-Vereniging. Simson se tragedie was dat hy misluk het in alles wat hy kon gewees het, as hy net gewillig was om die eerste keer al uit sy foute te leer. (Kan jy jou voorstel?) Dit is wat ons sal sien wanneer ons vandag van Simson se einde lees:



'n Man se grootste vrees is mislukking, en sy grootste pyn is spyt.



Het jy al ooit misluk? As jy ja geantwoord het, wees bly! Jy is in goeie geselskap. Mislukking is 'n geleentheid, nooit 'n persoon nie. Moenie 'n mislukking persoonlik opneem sodat dit later in spyt verander nie. Neem beheer. Leer daaruit. Pyn kan 'n goeie leermeester wees.



Dit maak nie saak hoeveel keer jy al slegte dinge in jou lewe gedoen het nie, daar is nie 'n manier dat jy meer as Simson gefaal het nie. Het Simson skande oor homself gebring? Sonder twyfel. Hy het egter iets baie erger gedoen: hy het 'n hele volk gefaal. (Het jy dit al gedoen? Ek dink ek sou dit op die nuus gesien het as jy het.) Simson het sy geloftes verraai … en sy God. Hy het toegelaat dat sy trots en selfsugtige begeertes hom keer op keer laat ontspoor, totdat hy uiteindelik alles verloor het. Selfs toe, was God egter nog steeds nie met hom klaar nie:



"… maar die hare op sy kop het weer begin groei …"




Net omdat jy gefaal het, beteken nie dit is klaar met jou nie. Nog lank nie. Selfs in ons mislukkings kan God steeds sy doel bereik. Dit is deur ons swakhede wat die volle krag van God in werking kom (2 Korintiërs 12:9).



Wil jy ander resultate hê? Dan sal jy moet begin om iets op 'n ander manier te doen. Aan die einde van Simson se verhaal, soos jy sal sien, het hy uiteindelik sy krag vir God se doelwitte gebruik in plaas van sy eie.



As jy 'n Christen is, het jy opstandingskrag in jou. Delf daarin. Moenie net probeer om "'n sterker man" te wees nie. Die Satan hou daarvan om sterk mans swak te maak. God hou weer daarvan om swak mans sterk te maak. Moenie net probeer om "'n beter man" te wees nie. Wees God se man. Hou op probeer om jou verhaal te vertel. Begin Syne vertel. Dit gaan nie oor jou nie. Dit gaan oor Hom. Stoot daardie pilare om. Sterf aan jouself, sodat jy vir Hom kan lewe.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Fight Devotional For Men

Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te wor...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid