Leesplan inligting

Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld

Fight Devotional For Men

DAG 7 VAN 11

Die Dinge van Legendes




William Wallace. Maximus Decimus Meridius. Koning Leonidas. Film legendes.




Gerrie Coetzee. Mannetjies Roux. Cliff Drysdale. Sportlegendes.




Michael Jackson. Abba. Gé Korsten. Musiek legendes.




Wat het al hierdie legendes in gemeen? Hulle prestasies lyk groter as die lewe. By tye in hul verhale het elkeen van hulle onoorwinlik gelyk. Hulle verhale was so inspirerend dat mans dit net oor en oor vertel het, en uiteindelik die besonderhede in volkslegendes verander het, verhale wat bly leef lank nadat hul tyd verby is.




Simson het ook so 'n oomblik gehad, waarvan ons vandag sal lees. ’n Oomblik wat hy met 1 000 ander mans gedeel het.




Hoe doen Simson dit? Daar is geen twyfel dat dit God se krag was nie: "Die Gees van die Here het kragtig oor hom gekom." Alle eer, alle eer, behoort aan God en God alleen. Jesus het eenkeer gesê by God is niks onmoontlik nie. God kry die dinge gedoen wat Hy gedoen wil hê.




Ongelukkig is 'n ander ding wat jy vandag sal sien (in Rigters 15:16) dat Simson eer aanvaar vir God se krag. Hy was arrogant. Arrogansie word altyd uit ons onsekerhede gebore. Wanneer ons nie weet wie ons in Christus is nie, reik die meeste van ons na eie trots om daardie leemte te probeer vul — net soos Simson gedoen het.




Baie van ons probeer om onsself te definieer deur ons prestasies, om ons waarde te vind in wat ons gedoen het, in plaas daarvan in die Een aan wie ons behoort. Ons wil staatmaak op ons prestasies, ons oorwinnings, ons trofeë, om ons te definieer, in plaas daarvan om God as die Bron van alle goeie dinge in ons lewens te erken. Net soos Simson wil ons die eer kry. Ons wil bekend staan ​​as 'n wenner, 'n leier, 'n MAN, iemand.




Trots kan bedwelmend wees. Maar die babelas is hel. Ons is menslik; ons het wel (baie) beperkings, en ons moet op God staatmaak. As jy jou identiteit uit die oog verloor en jouself probeer oortuig dat jy ’n legende is, sal jy die ware legende in jou lewe mis: dat die God wat die heelal gemaak het jou sy seun noem.




Wat definieer jou? Onthou, jy kry net hierdie een lewe. Wie se naam probeer jy wonderlik maak?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Fight Devotional For Men

Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te wor...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid